Die Piketberger(s) is plesierig dit kan julle glo...
Die Piketberger se tiende bestaansjaar is op 8 September tydens 'n kaas-en-wyn onthaal gevier. Tydens die funksie het die redakteur, Pierre Steenkamp, die gaste welkom geheet en hulle ook bedank vir hulle volgehoue ondersteuning die afgelope tien jaar. Die funksie is geborg deur Boland SPAR, Winkelshoek en Liebco Vleishandelaars. Dean Jankielsohn het die redaksie van Die Piketberger bedank vir hulle volgehoue harde werk om Die Piketberger elke maand die lig te laat sien, nog te meer omdat hulle vrywilligers is. Hierna het Dean 'n heildronk op Die Piketberger ingestel en het die gaste gesellig verkeer.
Dr Ben van der Merwe, Martina van der Merwe en
dr Pieter Bruwer.
Alda Olesen en Hannatjie Steenkamp luister aandagtig na die toesprake.
Boland Spar is verteenwoordig deur Tanya en Dean Jankielsohn en Berenice Roux.
Jaco en Sarina Carstens het ENB verteenwoordig
Johan de Villiers van OK Foods
het Die Piketberger se partytjie bygewoon.
Nog foto's op bladsy 8
"Het jy gehoor wat die een blonde vir die ander blonde by die 'cocktail party' gesę het?", wil Elsabé Truter links op die foto van Marguerite Smit van Sanlam weet.