Page 1
[ Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ]

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Jaargang 10  Nr. 9

www.piketberg.com

Lees binne Redaksioneel en Briewe van ons lesers...p.2   Foto's van die tiende verjaardagpartytjie...pp. 3 en 8
Banieropskrifte die afgelope tien jaar...p.7 Ons adverteerders se pittige gelukwensings...pp. 4 tot 6

Die Piketberger het met sy September uitgawe sy tiende verjaardag met 'n kaas-en-wyn onthaal in die Munisipale Biblioteeksaal gevier.
Die Piketberger het in 1993 as 'n projek van die personeel van Piketberg Hoërskool ontstaan nadat Pierre Steenkamp as nuwe skoolhoof dié idee van Barrydale gebring het.
Die hoofdoel van die koerant, toe en nou, is om beter
kommunikasie tussen die inwoners van Piketberg te bevorder.Die winste van die koerant is destyds gebruik vir personeel ontwikkelingsessies. Slegs berigte en briewe met 'n positiewe inslag word geplaas. Die koerant is a-polities en politieke partye wat iets geplaas wil hê moet advertensieruimte uitneem.
Die onderwysers het ingespring en advertensies en berigte gewerf en Roline Kotzé het die tikwerk behartig. Die uitleg van
Die Piketberger is op Word Perfect gedoen. Die teks is in kolomme rangskik en as daar 'n foto of advertensie tussen die teks moes verskyn dan is die "Enter" toets geslaan totdat daar genoeg oop ruimte gelaat is. Die foto's is dan aan Piketberg drukkers gegee, wat dit dan op die regte plekke geplaas het.
Mettertyd is begin om die uitleg met Microsoft Publisher te doen en kon 'n meer professionele produk gelewer word. Die koerant is egter steeds deur die redaksie op die rekenaar uitgedruk en die gedrukte blaaie is dan aan Piketberg drukkers voorsien.
Die tegnologie het verder ontwikkel en vir 'n tyd lank is die koerant

op 'n aantal "stiffies" gestoor en die "stiffies" is dan aan die drukkers gelewer wat die koerant dan daarvandaan gedruk het.
Tans word die koerant na die uitleg gedoen is, volledig op 'n kompakskyf gestoor en dan aan die drukkers oorhandig om verder te verwerk.
Aanvanklik is daar 1500 koerante per maand gedruk en is die koerant gratis versprei.
Met die styging van kostes en om ons adverteerders tegemoet te kom is besluit om 'n donasie van R1,00 per koerant te vra. Die gevolg was dat daar heelwat koerante aan die einde van die maand oorgebly het en na deeglike navorsing deur Deon van Dyk het die redaksie besluit om maandeliks 900 koerante te druk.
In 1997 is die koerant losgemaak van die skool en het Madelie Burger, Marietha Goosen en Anneline Breytenbach verantwoordelikheid vir die koerant aanvaar. Beide Anneline en Marietha was toe nuwe intrekkers in Piketberg.
In 1999 het Pierre Steenkamp en Marietha Goosen die lei-sels oorgeneem en in 2001 sluit Deon van Dyk hom by die span aan.

Arno Olesen, eienaar van Piketberg
Drukkers.

Foto bo: Pierre Steenkamp (redakteur), Marietha Goosen (mede-redakteur) en Deon van Dyk (advertensiebestuurder) saam by Die Piketberger se verjaardagpartytjie.
Foto links: Chris Loans sorg vanaf Februarie 2003 dat Die Piketberger op die Internet kom.

John van Wyk, Fred Williams, Jan Hanekom en Stephanus van Wyk sorg dat
Die Piketberger mooi gedruk word

 

Hit Counter


[ Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ]