 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Piketberg Museum Projek
Die Museum Komitee van Piketberg is besig met 'n projek om 'n getroue weergawe van die geskiedenis van Piketberg en sy totale gemeenskap uit te beeld in die Sinagoge. Om die projek suksesvol te maak het die komitee die volle steun van die inwoners van Piketberg nodig. Ons het al vordering gemaak met die insamel van geskiedkundige fotos en opnames van interessante vertellings deur lede van die gemeenskap. Ons is baie dankbaar vir die meelewing en entoesiasme van die afstammelinge van die vroeëre Joodse gemeenskap se bydraes wat ons steeds met graagte ontvang. Daar is nog vaie ruimte vir foto's en vertellings van die ontstaan van ons dorp se geskiedenis, wat ook die laaste tien jaar van demokrasie insluit. U is baie welkom om die museum te kom besoek en u te vergewis van wat alreeds versamel is en daardie stukkie interessantheid wat u saam dra, met ons te kom deel.
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
Die foto hierbo is vermoedelik in 1938 met die herdenking van die Groot Trek geneem. Is dit op Piketberg geneem en indien wel, waar?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Piketberg Museum Komitee het onlangs verskeie museums te Kaapstad besoek. Op die foto van links Roché du Toit, Ester van der Burgh, Clare Merick en voor Nettie Owies
|
|
|
|
|
|
 |
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Toerisme is belangrik vir Piketberg
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
Hierdie is 'n foto wat in die dertigerjare bokant die NG Kerk geneem is. Die man wat staan, is Oom Manie Rossouw (Johan en Pierre se pa). Lyk die ander persone vir u bekend? Laat weet gerus!
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
By die maandelikse VLV-vergadering met die tema "Openbare Sake" is die belangrikheid van Toerisme vir Piketberg, Gemeenskapsveiligheid en die Toelating tot Huis AJ Liebenberg bespreek. Hier verskyn die sprekers Jan Langeveldt (toerisme), Frannie Botha, voorsitter van VLV Piketberg, Kaptein Japie le Roux van die SAP en Inspekteur Lynette Rosant van die SAP
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die foto is geneem voor die plaashuis op Elandsvlei op 'n gesamentlike verjaarsdagviering van oom Manie Rossouw, oupa Manie Rossouw en oupa Gideon Grobbelaar (Johan en Pierre se familie). Kyk net al die deftige motors!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|