Page 3
Page 1 ] Page 2 ] [ Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]

3

Piketberg polisie tree flink op

'n Mens sien dikwels 'n advertensie waar 'n maatskappy vertel dat hulle jou voertuig sal opspoor nog voordat jy dit vermis.  En dit teen 'n stewige bedrag per maand. Op Piketberg vind die polisie die voertuig sommer vir jou voordat jy agterkom dat dit gesteel is.
Ons stel die slagoffer aan die woord.
Dis 03:00 op 7 Julie 2004 koud en donker. Die telefoon lui hard en dringend! Wie is nou weer so ongepoets om hierdie tyd van die nag te bel. "Oom, kyk bietjie of jou bakkie nog voor jou kamervenster staan." So gemaak - nie eens 'n spoor nie. "Trek vir oom warm aan en kom haal jou bakkie by die stopstraat hoek van De Hoek- en Langstraat."
Dit was die stem van Inspekteur Wessels. Dit was 'n baie blye slaper wie sy voertuig in ontvangs kon neem. Behalwe dat die slotte gebreek was, was die voertuig sonder letsels.
Dit was egter nie die eerste keer dat ek motordiewe se prooi was nie. Julie 2002 in Vereniging Gauteng is hulle weg met 'n Toyota Raider, 50 000 km, 4 splinternuwe bande, R600 se gereedskap, vol brandstof R445-00, kussings, matras, komberse en dies meer en dit helder oordag voor Pep Stores.
Maar waaroor ek die kwaadste was, is dat ek 'n vol bottel Cane en vol bottel Soda in die proses ook verloor het.
Hiermee wil ek dan ook dankie sê aan Konstabel Otto, Inspekteur Monk en aan Inspekteur Wessels vir hul haastige optrede en ook aan die persoon wie die SAP verwittig het van die rumoer in Vesperstraat in die middel van die betrokke nag.

Sweets Mania

'n Splinternuwe lekkergoedwinkel het in die ou Lewis gebou geopen. Die ou gebou is skaars herkenbaar nadat die verfkwas ingespan is.

Chanelle Mouton, Azandra Vorster, Adam Barnard, Johan
Myburgh (eienaar), Bianca Vorster, Tiaan Smit, Tobie Beck en Nicola Kellerman.

Die Piketberger heet Johan welkom in Piketberg.

PHS se eerstes kry 'n
nuwe gelukbringer

PHS se eerste rugbyspan het onlangs 'n nuwe gelukbringer, geskenk deur Peet en Christa Myburgh, ontvang. Die gelukbringer is met die Interskole teen Goudini in gebruik geneem. Hier staan Chris Rheeder met die Zebratjie.


Page 1 ] Page 2 ] [ Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]