Piketberg Netbalklub het weer eens vanjaar goed gevaar in sy verskeie afdelings en het vanaf 2 spanne na 3 spanne vermeerder. Hulle wil net baie dankie sê aan al hulle borge. Die lootjieverkope het goed gevaar en die aand van die trekking is gehou by Pulpetaan Gastehuis. Dankie aan Elfrieda vir haar gasvryheid.
Piketberg Netbalklub se spelers
Vyf spelers het Swartland Netbal gekry: Louisa van der Merwe, Aletta Kotze, Retha Conradie, Marichen Koch en Ilze van Schoor.
Piketberg Netbalkomitee
Eswé Visagie van Nexus AG oorhandig aan Ryno
Olivier, kaptein van die o/13 rugbyspan, 'n stel broekies. By hulle is die afrigter Cecil van Wyk.
Van die borge van Piketberg Netbalklub is: Citrusdal Wynkelders, Johma Coetzer van Boland Spar, Vee Video, Megasave en Piket Braaihuis. Die hoofborg is Jacobus Liebenberg van Liebco.
Sorg dat die goed wat jy doen nie bederf word deur die goed wat jy nalaat om te doen nie.