Page 12
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] [ Page 12 ] Page 13 ]

12

BADISA Vrouedag

Akademie geklee in koerantmodes

'n Interessante Vrouedag is gevier in die gemeenskapsaal, met die tema, "Hoe 'cope' vroue vandag?" Die kompetisie vir "Hoede uit die kombuis" is gewen deur Magrietha van Rooy, Gerty Cloete en Lorraine Noble.

Onlangs het die Akademie vir Skoolgereedheid modes ontwerp uit koerantpapier. Die modelle is Lee-Ann Steyn, Shanda Whitfield, Teanu Steenekamp, Courtney Abrahams, Chrizane Stephan, Calib Lintnaar en
Nico Smit.

Cornelia Gilliomee van die ACVV en Melonice Blanckenberg van Badisa het 'n gesamentlike poging aangewend om 'n feestelike en suksesvolle Vrouedag te reël. Dié twee se hoede kom ook uit die kombuis.

Nuwe intrekkers

Life's 2 Short

Ernst en Lidia Neethling en hulle twee kinders, Esna en  Johan, het vanaf Blouputs verhuis na Broodkraal, Piketberg.

Johan en Marinda Laubscher en hulle seun, Johan het vanaf Grabouw verhuis na Piketberg se berg! Hulle is lief vir fietsry en stap en klein Johan het reeds sy merk gemaak in die 0/7 rugbyspan.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] [ Page 12 ] Page 13 ]