Page 1
[ Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]

1

Piketberg se
koerant vir Piketberg se mense...

Jaargang 11  Nr. 8

September 2004

Faks en (022-913 1796

www.piketberg.com

Piketberg Skou se koningin vir 2004 is Hannilie van der Vyver (middel) met haar tweede prinses links, Elrine Scholtz, en haar eerste prinses regs, Johma Coetzer. Hannilie is 'n Kleuter-skoolonderwyseres in Moorreesburg, Johma is Kliëntesorg Bestuurder by Boland Spar en Elrine is 'n Onderwysstudent(Grondslagfase) aan die Kaapse Technikon op Wellington.
Die Skou was oor die algemeen 'n groot sukses en het vermaak vir oud en jonk gebied-van Pixie Playhouse  en die Kaapse Slangpark tot die weef van skaapwol. Plaaslike kunstenaars soos Edu Mostert, Marli Kriel en Anina Kitshoff het die mense met hulle sang vermaak.
Vanjaar was daar die meeste stalletjies (71) in baie jare. 
Vir die dorpsjapies is die trekkers en implemente 'n groot aantrekkingskrag. Sake-ondernemings doen baie moeite om die uitstallings so aantreklik en netjies moontlik te maak. Andrag Agrico was die beste Industriële stalletjie, en Premier Toyota het die beste Motorstalletjie gehad, met Top Opel & Isuzu in die tweede plek.
Die veteraantrekkers het wye belangstelling gelok.
Drie-en-vyftig mense het in die blommekuns afdeling deelgeneem, wat meer is as by die

(Vervolg op bladsy 5)

Skoukoningin Hannilie van der Vyver (middel) met haar tweede prinses links, Elrine Scholtz, en haar eerste prinses regs, Johma Coetzer.

Hit Counter


[ Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ]