Page 7
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] [ Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ] Page 18 ] Page 19 ]

7

PRAKTIKA - program  hupstoot vir kantoorwerkers

Kantoorwerkers van die 21ste eeu, het legio uitdagings om onder die knie te kry en daar te hou.  Dit behels lankal nie meer om net 'n telefoon te beantwoord en 'n paar briewe op 'n tikmasjien te tik nie.  Die mededingende en suksesvolle sake-onderneming van vandag weet dat sy organisasie op ge-oliede wiele moet loop en dat die persoon wat in beheer van die kantoorbedrywe staan, detail kennis van alle verwante sake moet hę.
Deidré Eigelaar van Praktika, het onlangs 'n vier dae-leerprogram, die
ABC van Personeel-Administrasie, aan kantoorbestuurders en -werkers aangebied wat, buiten Piketberg, vanaf omliggende streke soos Wolseley,
Tulbagh, Citrusdal en Porterville gekom het.
Met haar jarelange ondervinding en skerp insig het sy modules soos die implementering  en instandhouding van 'n personeel-rekordhoudingstelsel, die inleiding tot wetgewing en die impak op beleid en prosedure, stelselbe-stuur en algemene personeelbestuursfunksies in detail behandel.  Die interaksie in die groep het ook baie bygedra tot nuwe insigte en 'n beter begrip van die vereistes wat hierdie belangrike pos wat hulle beklee, verg.

Deidre Eigelaar besig om die ABC van Personeel-administrasie aan te bied aan Kantoorbestuurders.
In die agtergrond sit Gayle Dicey van La Plaisante, Wolseley en Antonet Laing van Compagniesdrift, Paleisheuwel.

PRAKTIKA  maak spanleiers
touwys!

Voortdurende opleiding het in die moderne tye onontbeerlik vir die oorlewing en vooruitgang van organisasies geword. (Die leiers van spanne het 'n baie belangrike rol om te vervul om o.a. te verseker dat die organisasie as geheel in sy visie en doelstellings slaag.)  Leierskap en die ontwikkeling van leierskap binne `n onderneming, is `n voorvereiste vir produktiwiteit; die een faktor wat 'n  suksesvolle onderneming onderskei van die res. 
Daleen Turner het onlangs die program,
Neem Leiding in die Werkplek,  vir drie verskillende groepe aangebied. Dit is 'n  vormingsprogram vir spanleiers in die Landbou en beklemtoon veral leierskap, bestuursvaardighede, mondelinge instruksies en produktiwiteit.

Die groepe het bestaan uit spanleiers van sover as Wolseley en Tulbagh en die leerders het uit die aard van hulle werk, baie by mekaar geleer.  Lewendige besprekings en gesamentlike probleemoplossings het baie daartoe bygedra om nog meer waarde tot die kursus toe te voeg.

Anna Daniels van Willow Green farms, Porterville-berg, Jolene Apollis van Die Vlei, Tulbagh en Gertruida
Diedericks, La Plaisante, Wolseley luister aandagtig hoe 'n mens 'n goeie kantoorbestuurder word.

DIE PLASING VAN FOTO'S IN HIERDIE UITGAWE WORD GEBORG DEUR DOKTERS SMIT EN  MORRISON

Babakompetisie

1+B Dorothea Visser; 2+A Berenice Roux;
3+E Martin Goosen; 4+C Adri Visser;
5+D Heidi Booys; 6+F Suné Rheeder


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] [ Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ] Page 18 ] Page 19 ]