|
ACVV: Bergtuin Aftree Oord
Bo teen die hange van ons mooi berge lê die Bergtuin Aftree Oord in Kloofstraat, net langs die Tehuis vir Bejaardes. Hierdie fasiliteit bestaan uit 10 huisies, elk met 'n garage, 2 slaapkamers, een en 'n halwe badkamers en 'n oopplan kombuis en sitkamer. Die doel van die huisies is soos volg: * U koop 'n woonreg van die ACVV en hulle betaal weer die koopsom terug indien u in die Tehuis of Tehuis Woonstelle opgeneem word. Die huis word teen markverwante prys verkoop en indien daar 'n wins gemaak word, sal 50% van die wins aan u terug betaaal word. * U bly nog altyd deel van die gemeenskap, maar indien u oornag verswak, is daar versorging beskikbaar. Huidige dienste is: * Etes; * Washuisdienste; * Kliniekdienste; * Haarsalon; * Vervoer; * Noodbed; * Skoonmaakdienste; * Ontspanningsaktiwiteite; * Direkte Kerkuitsending na Tehuis. Indien u belangstel om so 'n huisie te bekom vir u oudag, moet u aansoek doen sodat u naam op 'n waglys geplaas kan word. U word onder geen verpligting geplaas nie, u kan self besluit wanneer u gereed is om na die Aftree Oord te verhuis. Dit gee aan u gemoedsrus, sodat wanneer u lewensmaat alleen agter bly, hy/sy versorg sal wees.
Moenie uitstel nie, skakel ( 022-913 1228 en vra vir 'n aansoekvorm om op 'n waglys geplaas te word.
|
|