Page 18
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ] [ Page 18 ] Page 19 ]

18

Piketberg Skou se mooistes

'n Baie afgeronde en geslaagde kroningsgeleentheid is pas deur OK Foods op Piketberg geborg en gereël.
Die gaskunstenaar, Etha, het almal vergas met haar professionele optrede. Die ag finaliste wat meegeding het om die titel Skoukoningin en haar prinsesse was deur die bank pragtig, netjies, stylvol en elegant. Die prys vir Mej Persoonlikheid het gegaan aan Tilana Carstens.
Volgens verlede jaar se skoukoningin, Maryke Kirchner, het haar titel baie deure vir haar oopgemaak. Sy het met baie meer selfvertroue aan ander kompetisies begin deelneem en het kort daarna die titel Mej Citrusdal 2002 en Mej Langebaan 2002 ingepalm. By die Mej Langebaankompetisie was haar prys 'n beurs ter waarde van R16 000-00 waarmee sy 'n kursus in skoonheidsterapie by Langebaan Health and Beauty Academy kon begin volg.

Micaela en Christof Smith besig om te dans saam met Etha by die kroning van die skoukoningin.

Die Piketberg Skoukoningin 2003 is in die middel Renthia Witbooi van Piketberg met haar tweede prinses, links, Annemie van Niekerk van Vredenburg, en haar eerste prinses Mischke du Toit, regs, van Moorreesburg. Agter staan verlede jaar se wenner, Maryke Kirchner.

Johan de Villiers, eienaar van OK Foods Piketberg doen die bedan-kings
tydens die kro-ning van die skou koningin.

Sebiena Fortuin van die plaas Elandsvlei, Eendekuil het by Piketberg Skou almal uitgestof met haar geurige en keurige gebak. Sebiena het eerste plekke verower vir beskuit met gebreekte koring, lemoenbrood,
outydse soetkoekies, melktert met skilferkors, worsrolletjies met maalvleisworsie en skilferkors, gemmerbier en hoender lasagne. Die twee bekers het sy gewen vir soetgebak en tert.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ] [ Page 18 ] Page 19 ]