Page 17
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] [ Page 17 ] Page 18 ] Page 19 ]

17

Piketberg presteer in Vywe Liga

Die rolbalspelers het Piketberg se naam hoog gehou ten spyte van vele beserings. Hulle wen teen Moorreesburg, Lutzville en Darling en wen so die kompetisie in Sone 1 en ontvang 'n pragtige trofee.
Daarvandaan moes hulle kompeteer teen spanne op Worcester. Die span speel teen Caledon en alhoewel hulle hul goed van hulle taak gekwyt het, kon hulle nie die paal haal nie.
Veels geluk aan die spelers wat so ywerig elke Saterdag gespeel het.
Die Rolbalklub wil alle persone wat belang stel in rolbal, maar nie Dinsdae en Donderdae se oefeninge kan bywoon nie, uitnooi om elke Saterdag vanaf 09:30 tot 11:30 lekker te kom saamspeel.

Piketberg Rolbalklub se spelers wat die Sone 1 trofee gewen het is agter: Baba Basson, Marietjie Visser, Marius Carstens, Ester Botha en Sonia Richter.  Voor is Jannie Visser, Deon van Dyk en Gawie Richter.

Rolbalbestuur

Blomme by skou
Susan Brand by haar wenrangskikking in die afdeling
Edelgesteentes: Peridot. Susan het ook twee tweede plekke behaal.

Agter staan Esther Botha (Wedstrydsekretaris), Marius Carstens  (Perkemeester en Ontv. Beampte), Madeleine Coetzee (Sekretaresse). Voor sit Jannie Visser (Vise-president),  Gawie Richter (President)  en Sonia Richter (Tesourier)


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] [ Page 17 ] Page 18 ] Page 19 ]