Page 16
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] [ Page 16 ] Page 17 ] Page 18 ] Page 19 ]

16

PHS se matrieks van 1993 hou reünie

Die matrieks van PHS het tydens die naweek van 30 Augustus hul tienjarige reünie gehou. Dit was 'n blye weersiens en daar is lekker saam gekuier.
Ons vertrou dat ons in die Oktober uitgawe meer oor hierdie geleentheid sal rapporteer.-Red.

Piketberg na-ure mediese diens

Die lewering van na-ure mediese diens in Piketberg het die afgelope twee maande 'n positiewe verandering ondergaan. Lesers sal onthou dat daar in die verlede 'n aparte na-ure
diens vanaf die onderskeie privaat praktyke gelewer is.
Met die verandering van praktisyns nadat Drs Nel en Van der Merwe Piketberg verlaat het, is daar besluit om kragte tussen die twee praktyke saam te span en sodoende 'n gesamentlike mediese diens daar te stel.
Hierdie mediese diens bestaan tans slegs as 'n gedeelde
diensrooster waarvolgens daar elke aand en naweek slegs een dokter aan diens is. Die pasiënte kan in kontak kom met die dokter aan diens deur eenvoudig enige van die twee praktyke se nommers te skakel. (Piketberg Mediese Sentrum: Drs Bruwer en Scheepers 
( 022-913 1146 en Drs Smit en
Morrison
( 022-913 1172). Dit het die voordeel dat u direk met 'n dokter praat en nie by 'n antwoordmasjien uitkom nie. U oproep word van 6 pm tot 8 am direk na die dokter se selfoon deurgeskakel. Ons wil u dus vra om nie in hierdie tye te skakel vir algemene navrae, afsprake, ens. nie.
Hierdie verandering in dienslewering is moontlik gemaak
deurdat al die betrokke dokters tans ook staatsaanstellings het. Dit maak dit vir een dokter moontlik om aan diens te wees vir die hospitaal sowel as die twee praktyke.
Pasiënte wat van die na-ure diens gebruik maak het natuurlik die keuse vir verdere hantering om na hul gewone huisdokter terug te gaan. Waar pasiënte gehospitaliseer word, kan die pasiënt ook vra dat die gewone huisdokter hantering oorneem teen die volgende oggend. U voorkeure ten opsigte van dokter word glad nie ingeperk nie.

Hierdie is 'n aanvanklike fase met die doel om die diens nog verder uit te brei en 'n sentrale punt van nood dienslewering daar te stel. Die fasiliteit sal by die privaat afdeling van Radie Kotze hospitaal ingerig word. Daar is geweldig baie voordele om so 'n na-ure noodeenheid daar te stel. Die beskikbaarheid van verpleegpersoneel vir hulp met noodgevalle en makliker hospitalisasie van pasiënte wat verdere sorg benodig, is slegs enkele van hierdie voordele.

Dirk Lategan en Dirk-Martin van Dyk is twee van die PHS matrieks van 1993 wat hier gesellig saam verkeer. 30 van die 34 matrieks van 1993 kon die reünie 
bywoon.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] [ Page 16 ] Page 17 ] Page 18 ] Page 19 ]