VLV; 90 gesonde jare; Maak stil daardie geraas; Die Piketberger op die Internet; Understanding cricket...p.15 OK vier 1 jaar; PHS se 1993 matrieks bymekaar; Piketberg na-ure mediese diens...p.16 Piketberg Rolbal presteer; Charla Ddancing for The Waterfront Theatre Ballet Company; Blomme by skou...p.17 Piketberg skou se mooistes...p.18 Getuienisweek; Oupas en oumas kuier op Lentedag by PHS...p.19
Lees binne
Redaksioneel en Briewe van ons lesers...p.2 Genade en plan B (missie Kaokoland)...p.3 Vlytige vingers vou vinnig; ACVV Bergtuin Aftree Oord; Huis AJL is 40 jaar; Uit Jannie se pen; ...p. 4 Trippe Trappe Bord gewen; Huis AJL sę dankie; Piketberg Inwonersvereniging...p.5 Raai wie het grootgeword...p.6 Praktika kursusse...p.7 Dit sneeu op Piketberg...pp. 8,9 Liebco is 50 jaar...pp. 10-11 Midas is 10 jaar...pp. 12,13 Carel van Niekerk Ingenieurswerke vier 10 jaar; Eerste Sub A tot st 10 in huidige PHS...p.14
Een keer elke veertig jaar
Twee seldsame gebeurtenisse het Piketberg in 'n kort tydjie getref. Gedurende die nag van 19 Augustus het dit gesneeu soos lank laas gelede. Selfs by Eskom se torings en die Kruis op die berg het ook ligte sneeu geval. Al wat leef en beef wat kon is die berg op om na die sneeu te gaan kyk. 'n Bietjie meer as 'n week later bereik die blye nuus ons dat Derick Hougaard vir die Springbok węreldbeker span gekies is.
Die sneeubedekte gastehuis op Pomona, die Butchers se plaas, het sneeukykers laat dink aan 'n sprokiesparadys.
Derick
Hougaard is op Saterdag 30
Augustus as een van die twee losskakels van die Springbok węreldbekerspan aangewys.
Hy het reeds van kleinsaf in sport presteer en alreeds in sy Laerskooldae erekleure aan PHS verwerf.