Page 7
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] [ Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ]

7

Heimat voldoen aan EurepGAP

Heimat, tafeldruif-uitvoerplaas naby Moravia, is van die enkele plase in ons omgewing wat onlangs aan streng Europese markvereistes (EurepGAP) vir die uitvoer van vrugte voldoen het.
EurepGAP is 'n stelsel van 'n groep Europese kettingwinkels wat vereis dat voedselveiligheid, werkerswelvaart en omgewingsimpak aan streng reëls moet voldoen.
Heimat is deur PPECB, die vrugte-inspektoraat, geouditeer en het met vlieënde vaandels aan al die vereistes voldoen.  Kobus Odendaal van Praktika was oor etlike maande betrokke met die voorbereiding en begeleiding in hierdie proses.
Nico Basson, hoofbestuurder van Heimat, en sy span, Francois Hanekom (produksiebestuurder) en Hillary Erasmus (kantoorbestuurder), se nougesette toewyding het die sukses in hierdie proses verseker.

Francois Hanekom, Nico Basson, Hillary Erasmus en
Kobus Odendaal.
 


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] [ Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ]