Page 3
Page 1 ] Page 2 ] [ Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ]

3

PHS se matrieks verras weer!

Die matrieks van 2002 van PHS het oudergewoonte puik presteer en bes moontlik die beste prestasie in die
geskiedenis van PHS behaal.
Al 46 matrieks het geslaag en 8 van hulle het 'n gemiddelde A-simbool behaal (foto hieronder).
Van die 46 het 22 'n matrikulasievrystelling behaal en 21 het met meriete geslaag (Die ou eerste klas).
Die groep het 50 vak-A's, 59 vak-B's en 72 vak-C's behaal.
Marius Scholtz, skoolhoof van PHS, is trots op die besondere prestasie en skryf dit toe aan die harde werk van die leerders en personeel asook die ondersteuning van die ouerkorps.

Die skittersterre van PHS wat almal ge-middelde A-simbole in die 2002 matriek-eksamen verwerf het. Agter is Lindie Brown (inlas), Jaco van Niekerk, Kobus van Schalkwyk en Abré Kriel. Voor is Linja Treurnicht, Alma Engelbrecht, Gabré Calitz en Charlene Loedolff.
Alma Engelbrecht was die toppresteerder in PHS en het in agt vakke eksamen afgelê en in sewe daarvan 'n A-simbool behaal.
Alma behaal die 41 ste posisie op die Wes-Kaapse ranglys met 'n gemiddelde persentasie van 103%
 


Page 1 ] Page 2 ] [ Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ]