Page 14
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] [ Page 14 ] Page 15 ]

14

Rolbal beginners skitter

Op Saterdag 14 Desember 2002, het 'n rolbalspan van Piketberg aan 'n toernooi op Yzerfontein deelgeneem. Die span het bestaan uit Deon van Dyk, Esther Botha, Jannie Visser en Hannes Cloete. 14 Spanne het aan die kompetisie deelgeneem.
Ten spyte van 'n snikhete dag, is daar verbete rolbal gespeel. Ofskoon Jannie en Hannes eers gedurende 2002 by die klub aangesluit het, het hulle gespeel soos kampioene. Veral Jannie het geskitter op nr 3.

Hulle wen dan ook al hulle wedstryde teen Yzerfontein, Saldanha en Wellington en behaal 'n derde plek in die kompetisie. "Dit was voorwaar 'n prestasie", sê Deon van Dyk, President van die klub.

Op die foto verskyn die President van Piketberg Rolbal-klub, Deon van Dyk en 3 lede wat 'n gedugte span vorm. Saam met Deon, links, is Jannie Visser, Esther Botha en Hannes Cloete

HIERDIE BLADSY WORD
GEBORG DEUR
DR HEROLD TRUTER
 


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] [ Page 14 ] Page 15 ]