|
By PHS se Kleure Atletiek het die Blou Span 'n oorwinning oor die Ougoud Span behaal. Die Goues het die Sangbeker verower. Wat egter die verbeelding nog meer aangegryp het, was die baie moeite wat die twee spanne met hulle uitrustings gedoen het. Die bloues was pragtig in hulle denims en die goues getooi in Austin Powers kostuums . PHS bedank Boland SPAR, Jannie Lategan, MMI ys en Winkelshoek Wynkelder vir hul borgskappe.
|
|