Op 1 September is die ACVV se l00-jarige bestaan landwyd gevier. Piketberg se ACVV-tak bestaan reeds vanaf 1919.
Foto links: Ds Martin Goosen het die spesiale gedenkdiens van die ACVV op Piketberg gehou. By hom is die onder voorsitter van Piketberg ACVV, Angeline Engelbrecht, wat 'n spesiale ACVV uitgawe van Die Burger oorhandig aan Anna Eksteen, 'n jarelange lid van die ACVV en voormalige voorsitter.
Foto regs: Die ACVV komiteelede wat teenwoordig was by die 100-jaar feesvieringe is Jacoba Basson, Sonia Lambrechts, Angeline Engelbrecht, Elmarie van Rooyen en Marietjie Visser.