Page 3
Page 1 ] Page 2 ] [ Page 3 ] Page4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ]

3

SAP Vroue-oggend

Groener Piketberg aksie

Die nuutgevormde Groener Piketberg Komitee het onlangs 'n suksesvolle boomplantgeleentheid by Steynville Primêr gehou ter viering van Erfenisdag.  Daar is by die ge-leentheid drie inheemse bome - twee Witstinkhouts en 'n Rooi-essenhout - voor die nuwe ontspanningsaal langs die nuwe paviljoen geplant.  Die hele skool was daar en die leerders het vanaf die sportvelde toegekyk terwyl Onderburgemeester Ray van Rooy hulle toespreek.  Nog teenwoordig was Raadslede C. Engelbrecht en R. de Villiers asook A. Willemse, F. Groenewald en J. Engelbrecht (komiteelid) van die Munisipaliteit.  Skoolhoof  H. Burrows en die hoofseun en -dogter van die skool was ook getuies by die geleentheid.  Die komitee is die dag verteenwoordig deur Clare Menck, Johann Louw, en Chris en Riekie van Breda.
Nog lede van die komitee is Biddy Langenhoven, Elbeth Liebenberg en Marcelle Ellis.  Die Groener Piketberg Komitee wil die publiek se aandag vestig op die aanplanting en versorging van hoofsaaklik inheemse bome en struike vir 'n mooier dorp en vir die nageslag. Die nuwe komitee beplan 'n botaniese tuin ter herinnering aan geboortes en afsterwes. Belangstellendes kan met Johan Engelbrecht by
È 083 225 0700 skakel.

By die vroue-oggend wat deur Piketberg se polisiediens gereël is, het Sanlam heerlike pryse weggegee. Op die foto is
Magdaleen Mostert met 'n kombuisplank, Marguerite Smit van Sanlam, Magda le Roux en  Kathleen Ockhuis elk met 'n bokhaar kombers.

By Jo-Ann Strauss, aanbieder van Pasella en voormalige mej Suid-Afrika, staan Lynette Rosant en Driena van der Westhuizen van die SAP wat die organiseerders van die Vroue-oggend was.


Page 1 ] Page 2 ] [ Page 3 ] Page4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ]