Susan Brand skryf…
Ek wil graag aan alle familie en vriende baie dankie sê vir hulle belangstelling, besoeke, oproepe en blomme tydens die breek van my been. 'n Spesiale woord van dank aan Dr. Sam Scheepers, die ambulanspersoneel en die Radie Kotzé Hospitaal vir hulle vyfster diens.
Samanthea Bloemetjie (nee Lawrence) van Huntsville Alabama USA skryf...
I was surprised to see my mother (Me Gordon) and the Men choir picture in your paper. It was also nice to see the pictures of my old school (Steynville Primary) and would like to see more of ALL the schools in Piketberg.
Jannie Lategan skryf...
My kinders, Bertie en Irma Huskisson sal op besoek wees in die RSA vanaf 29 November tot 6 Januarie 2005. As daar dalk van hulle vriende is wat hulle wil ontmoet of oor 'n koppie tee of ietsie van Australië wil weet, is hulle welkom om in te loer of te skakel: (082-453 8305). Hulle woon tans op 'n klein plekkie Cunnamulla in Queensland - ongeveer 1500km vanaf Brisban, maar verhuis teen die middel van 2005 na Tawoomba ('n regte Universiteitstad) Hulle sal dan so ongeveer twee ure vanaf Brisbane woon.
|