 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Boland Spar het 'n "nat gat" geborg tydens Piket Bo-Berg se onlangse gholfdag. Die reën het die gholfers glad nie afgeskrik nie - inteendeel, die nat weer was vir die boere 'n groot inspirasie tot 'n genotvolle gholfdag. Op die foto is vlnr Pieter Cronjé, Jack van Reenen, Berenice Roux (Boland Spar), Chris Malan en WG Treurnicht.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Berenice Roux het in September die voorreg gehad om namens Dean en Tanya Jankielsohn (eienaars van Boland Spar), Spar Nasionaal se Jaarlikse Konferensie by Sun City by te woon. "Ek is geweldig beïndruk met die Spargroep, wat besig is om stadig maar seker die supermarkbedryf in sy geheel te oorheers. Die aanbiedings was fantasties en die gees binne die Sparfamilie iets wat ek nog nie voorheen beleef het nie." 900 afgevaardigdes het dié drie besige dae by Sun City bygewoon. Die tema Gryp die Toekoms, het nie net geïnspireer nie, maar ook gewys dat Spar gereed is om te lewer dit wat die toekomstige mark gaan vra. Berenice (tweede van links op die foto) en Riehan Roux (tweede van regs) het die geleentheid gehad om met Suid-Afrika se Olimpiese sporthelde, Ryk Neethling en Roland Schoeman (gouemedaljewenners swem), Hestrie Cloete (silwermedalje hoogspring) en Lindsey Riley (o/kap-tein SA vrouehokkiespan) skouers te skuur. Die atlete was eregaste by die konferensie, en het hul Olimpiese drome, ervarings en toekomsplanne deur televisie sportaanbieder Niel Andrews wat as gasheer opgetree het, met die Spar gehoor gedeel.
WELKOM BY SPAR. DIE TOEKOMS BEGIN NOU!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
 |
|
 |
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Goedverwacht Primêr se Gr R-klas het onlangs besoek afgelê by Boland Spar. Hester Hagen van Boland Spar en die vriendelike gesiggies se juffrou, Frieda Lesch, glimlag vir die kamera.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jana Grobler was die gelukkige wenner van 'n heerlike Johnson & Johnson hamper in 'n onlangse wedstryd wat by Boland Spar aangebied is. Op die foto is 'n stralende Jana by haar ma, Ilna.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|