Page 16
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] [ Page 16 ] Page 17 ]

16

Ken jou liggaam en red jou eie lewe

Oktober is Borsbewustheidsmaand - wanneer vroue leer hoe om hulle waardevolste bate te versorg en die belangrikheid begryp van die vroeë opsporing deur maandelikse selfondersoek en gereelde mediese ondersoeke, soos 'n jaarlikse mammogram na die ouderdom van 40.
Borskanker is die voorste kanker onder vroue dwarsoor die wêreld en is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue. Huidige statistiek toon dat, onder alle bevolkingsgroepe, een uit elke 31 vroue in hierdie land die gevaar loop om borskanker te kry. Asiatiese vroue het 'n groter risiko (een uit 13) en Swart vroue het die laagste risiko (een uit 57). Die meeste vroue wat met borskanker gediagnoseer word, is ouer as 40, maar hierdie soort kanker kom toenemend ook onder jong vroue voor.
Borskanker is 'n ernstige siekte wat tot die verlies van 'n bors, of selfs die dood, kan lei. Maar die goeie nuus is dat dit suksesvol behandel kan word, mits dit vroegtydig opgespoor word.
Alle vroue loop die gevaar om Borskanker te kry, maar jy loop 'n groter risiko as jy ouer is as 40; 'n ma of suster het wat met die siekte gediagnoseer is; op 'n vroeë ouderdom begin menstrueer het; op 'n laat stadium deur menopouse gegaan het; kinders na die ouderdom van 30, of glad nie, gehad het nie, meer as twee glase alkoholiese drank per dag drink.
Gesonde lewenstylkeuses, soos om gereeld te oefen, 'n lae-vet, hoë-vesel dieet te volg, jou gewig te beheer en nie te rook nie, sal jou kanse verminder om Borskanker op te doen.
Vroeë waarskuwingstekens van Borskanker sluit in 'n klont in die bors of armholte; 'n plooiing van die borsvel; 'n ongewone vergroting van die een bors; 'n ingesinkte tepel; 'n vergroting van die kliere; 'n verandering in die vel om die tepel; 'n ongewone swelsel in die armholte en een bors wat opmerklik laer as die ander is, met die tepels op verskillende hoogtes.
Homosisteïen is 'n aminosuur wat in die liggaam vervaardig word, maar, wanneer die vlakke te hoog raak, 'n gevaar inhou en siekte, insluitend kanker, kan veroorsaak. Die gesonde lewenstylkeuses wat CANSA voorstaan, kan homosisteïenproduksie tot veilige vlakke

beperk. 'n Bloedtoets kan homosisteïenvlakke in die liggaam bepaal.
Paget se Borssiekte
Dit is 'n uiters seldsame vorm van borskanker wat gewoonlik onder vroue in hulle vyftigs voorkom. Die vel van die tepel raak rooi en skubberig; 'n branderige of jeukgevoel kan gepaardgaan met 'n afskeiding uit die tepel en daar mag 'n klont in die bors wees, maar nie noodwendig nie. Omdat ander veltoestande soortgelyke simptome mag openbaar, is dit noodsaaklik dat iemand wat hierdie simptome ervaar of vrae oor die toestand het, 'n professionele medikus raadpleeg.
Vroue moet hulle liggame verken deur hulle borste gereeld maandeliks te ondersoek. Dit neem net 10 minute een maal per maand en kan jou lewe red. As jy die vorm van jou bors leer ken en hoe dit voel, sal jy betyds bewus wees van enige veranderinge wat op die teenwoordigheid van Borskanker dui. Die mees doeltreffende tyd om jou borste te ondersoek is 'n week na jou maandstonde; vroue wat nie meer menstrueer nie, behoort elke maand dieselfde dag te kies.
As jy 'n klont in jou bors opspoor, beteken dit nie noodwendig dat jy Borskanker het nie; baie klonte is nie kankeragtig nie. Maar, as jy enige abnormaliteit opspoor, raadpleeg so gou as moontlik 'n professionele medikus.
Vroue ouer as 40 behoort 'n jaarlikse mammogram te ondergaan. Dit is 'n X-straal wat Borskanker kan identifiseer selfs nog voordat 'n klont verskyn; dit is tans die mees doeltreffende manier om die siekte op te spoor.

Moenie met verwyte saamleef nie. 'n Eenvoudige ondersoek in die privaatheid van jou eie huis kan tot vroeë opsporing en suksesvolle behandeling lei. Doen dit elke maand. Dis die wyse ding om te doen.

Wes-Boland Laerskool Tennis
Wynand Smit, Renier Olivier en Robert Edmonds het drie wedstryde vir Wes-Boland tennis teen Noord-Weste, Witzenberg en Suid-Boland gespeel.

Klein Advertensies

Oppas van kinders vanaf 19:00 tot 24:00 @ R10 per uur. Bondel strykgoed @ R12-00 per bondel.
Skakel
( 022-913 3775 of È 083 767 2910 (M Hammond)

Te Koop:
Gasstoof R250, Tralies vir bakkie R800, Lazy-boy stoel R150, Dubbelas Venter waentjie R8 000 met tralies.
Skakel Mareza by
( 022-913 2520 ofÈ 073 498 3707

Vir
verfwerk- Skakel Boetie Fourie È 082 719 4990. Bou kamer en kombuiskaste ook.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] [ Page 16 ] Page 17 ]