 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Praktika vir Baanbrekers
'n Groot groep entoesiatiese en leergierige junior bestuursleiers het in Augustus-maand die Baanbreker Bestuur-program van Praktika in Piketberg deurloop. Met menings soos "die program was in verteerbare gedeeltes opgebreek en baie gemaklik aangebied" is die waarde van die modulêre aanbieding stewig bevestig. Ander leerders het as volg op die opleiding gereageer: "Ek het dit baie interessant gevind. Ek kon voel ek verstaan die voorbeelde wat gebruik is en dat ek met die nuwe kennis dit baie beter terug op die plaas kan gaan toepas." "Die verskillende leiers leer baie by mekaar. Ons het baie gebaat by al die inligting." "My selfbeeld het gegroei; ek verstaan nou hoe belangrik my werk is. Ek het baie geleer van menslike gedrag." Omdat elke leerder volgens behoefte by die verskillende modules kon inskryf, is daar in fyner besonderhede betreffende die spesifieke module ingegaan en kon baie aspekte geraak en in meer detail bespreek word. Die leerders was van mening dat hulle kosbare hulp gekry het in die effektiewe toepassing van dissipline, hoe om mense te help begelei om meer gedissiplineerd te werk, hoe om met selfvertroue op te tree binne die werkplek, om bewus te wees van jou swak en sterk punte en hoe om jou swak punte te verbeter en veral hoe om verskillende tipes mense te hanteer binne die werksituasie. Vir die meeste was dit ook van groot waarde om bestaande kennis weer te kon opskerp en was die interaksie tussen die verskillende leerders uit verskillende omstandighede van groot waarde. Die bywoning van hierdie modules het nie net 'n enorme bydrae tot die besef van eiewaarde by die leerders ge-kweek nie, maar ook die waarde laat besef van die uitruil van kennis en raad op 'n gereelde basis.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Eendekuil NG Kerk hou halfeeufees
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
ABSA werknemers Suzette Cillié, Carol Langeveldt en Christa Myburgh in ligte luim op loslitdag, besig om kaartjies te verkoop by PHS ten bate van gestremdes.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ice Jacobs, Henry Gouws en Pieter Swarts luister aandagtig tydens die Baanbreker Bestuur-program van Praktika.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Nuwe intrekkers op Morawia is Hannes en Elsabé Southey met hulle drie kinders, Hansie, Eleine en Bianca. Hulle was voorheen van Malmesbury.
|
|
|
|
|
|
|