Page 13
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] [ Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ]

13

PIKETBERG BLOM- EN
TUINBOUKLUB

September en Oktober is die mooiste maande hier in Piketberg, nê?  Ry 'n bietjie rond en besigtig die blomme en struike in ander se tuine.  Maak 'n nota om dié waarvan jy hou te plant (nou gou-gou voor die somerhitte) of volgende Maart voor die winter reën, dan sal jou plekkie volgende jaar net so mooi lyk!
Hier's 'n paar wenke. In die blomtuin:  pluk gereeld blomme en verwyder dooies om die blomtyd te verleng;  plant nou gladiolusse vir blomme met Kersfees;  bemes lentebolle wat nog aktief groei sodat plante goeie bolle maak vir volgende jaar;  enige meerjariges wat nie in die herfs verdeel is nie, kan nou uitgeplant word (versprei die planttye van Michaelmasmadeliefies vir 'n langer blomtyd.  In die roostuin:  rose moet bespuit word vir swamsiektes en bemes word maandeliks met 8:1:5 of 3:1:5.  Nog iets met rose is om die middelste knop van trosse floribunda-blomme uit te knip.  Onthou om  ander bosrose, wanneer hulle blom, om liewers korter stingels af te knip - die bos het soveel blare as moontlik nodig om voedsel te vervaardig.

Begin gerus 'n deklaagprogram om die tuin te help om hoë temperature en warm somerwinde te oorleef.  Oorweeg dit om windskerms op te rig om die tuin te beskerm.

Kinderbond - VGK Eendekuil hou 'n Bederf-middag
Beatrix Mouton skryf:

Ons was baie bevoorreg om geskenkpakkies van Josua Children's Mission te ontvang vir al ons kinders van die Kinderbond. Dit is Amerikaanse kinders wat pakkies pak vir kinders in Afrika. Die organisasie daar staan bekend as Samaritan's Purse. Nadat ons 'n bekendstellingsgeleentheid in die Kaap bygewoon het, moes ons al ons kinders se name verskaf en het ons 180 pakkies ontvang. Die liedjie "Ek weet dat Jesus my liefhet, ek weet dat Hy baie van my hou, sommer net soos ek is, want ek's kosbaar en spesiaal vir Hom" het die middag verseker vir elke kind waar geword. 'n Groot dankie aan ons groot Kindervriend, Jesus, wat hierdie middag vir ons en ons kinders moontlik gemaak het.

Tuinbouklub Program

12 Oktober 2004:  UITSTAPPIE NA YZERFONTEIN
Ontbyt om 09:00, besigtig tuine, middagete te Scotts Kwekery.  Ontmoet 07:45 voor biblioteek.  Kontak Katinka (
(913 1970)
10 November 2004: KERSFEESTEE EN BLOM-DEMONSTRASIE te Môrester Landgoed.  Navrae en kaartjies (donasie R40) by Elbeth ( 913 1643) / Marcelle È 082 646 0821 / Susan ( 913 1633 / Biddy ( 913 2162 / Katinka ( 913 1970 / Henny ( 914 5626.

Jolene Afrikaner, Virginia Gidela, Piet Pistoor en Cobin Pistoor van Eendekuil nadat hulle pakkies uit Amerika ontvang het.

Huishoudster verlang: Halfdag-pos. Moet kan kook, 2 kinders versorg, was-en-stryk. Elke tweede naweek aan diens. Verwysings noodsaaklik.
Skakel
( 022-913 1473 vir aansoek.

English Speaking Ladies Bible Study Group
Mothers Room @ NGK
Friday Morning 9 to 10 am
Call Pat È 083 231 9137
Marthie È 082 360 0064

Die volgende Piketberger verskyn op Dinsdag 9 November

Johann Louw van Piketberg was onlangs in Bochum, Duitsland waar hy as een van 16 genooide Suid-Afrikaanse kunstenaars uitgestal het.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] [ Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ]