Page 11
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] [ Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ]

11

PPC-Atlete triomfeer op
Redelinghuys

PPC Atletiekklublede kon Saterdag 4 September breëbors rondloop nadat hulle aangewys is as die wenner van die Mansspanprys by die 13de jaarlikse Landbouchem Sandveld Halfmarathon in die Aartappelhoofstad. Die span het bestaan uit Peet Myburgh, Simon Bauermeister, August Diedericks en Daniel Abrahams.
Die geleentheid was weereens 'n groot sukses. Nie alleen het 235 atlete opgedaag om die wedlope te ondersteun nie, maar die atmosfeer op die kerkplein met kleurvolle Boeredaguitstallings, Weskus-etestalletjies en vermaak het besoekers van heinde en ver, vir ure lank besig gehou. Die Verlorenvlei Info-stalletjie, saam met Piketberg Toerisme, het veral groot aftrek gekry, verblyf was vol bespreek en die belangstelling in eiendoms-aankope is besig om toe te neem.
Alhoewel die roetepad nog nie geteer is nie en dit baie warm en stowwerig was, het atlete van die Tygerberg NLK Atletiekklub, wat op 'n geesbounaweek was, die louere in vyf uit die tien afdelings weggedra. Johan van Zyl was die algeheel eerste (1.19.49), William Shaw het gewen in die oor-sestigs, Linda Harmse het die dames oor-vyftigs gewen, maar die ster van die dag was Mariëtte Esterhuyse (veteraan) wat beide die dames senior en die 40+-seksies gebuit het in 1.33.05.
Weskusdames wat goed gevaar het, was van ORAK: Vivien Fransman (3de in Seniors en 2de in 40+ 1.36.26), Arina Cilliers 7de in 1.49.27 en Swartland Atletiekklub: Marietjie Nieuwoudt 6de in 1.44.56, M.D. van Niekerk 8ste in 1.50.54 en twee 50+ vroue: Sarie Erasmus 3de 50+ in 2.41.23 en Ina Steyn 3de 60+ in 2.58.16.
Aan die manskant, is goeie vertonings gelewer deur Rooibos-juniors Gert Ruiters en Dawid Lourens 4de en 5de senior in 1.21.00 en 1.22.31 onderskeidelik. Peet Myburgh van PPC was die 7de senior en 2de 40+ (1.25.13) met veteraan Herman de Kock van Langebaan 8ste senior en 3de 40+. Weskussers het met die 1ste drie plekke in die 50+-afdeling weggestap. Simon Bauermeister (PPC), Louwtjie Swarts (Swartland) en Hermanus Engelbrecht (ORAK).

Op die foto verskyn  Johan Joubert, Daleen Coetzee en  Elmarie Cumpsty wat skoolklere aangehad het.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] [ Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ]