Page 6
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] [ Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ] Page 18 ] Page 19 ] Page 20 ]

6

Verkoop trekkers vir wêreldbekerrugby

Gilbert en Marnell Theron vertrek middel November na die wêreldbekerrugbytoernooi in Australië. Gilbert het die prys losgeslaan na 'n rekord aantal trekkerverkope.
John Deere SA het 'n verkoopsprogram geloods wat oor twee maande gestrek het om trekkerverkope te bevorder. Die verkoopsman moes 'n aantal trekkers verkoop ten einde 'n punte totaal van vyftig te behaal om te kwalifiseer vir een toer-kaartjie. Gilbert het vyftien trekkers verkoop wat aan hom 106 punte besorg het en daarmee het hy twee toerkaartjies losgeslaan.
Die toerprys beloop 'n bedrag van
R80 000-00 en sluit in reis, verblyf, twee semi-finale wedstryde op 15 en 16
November en die finaal op 22 November. Gilbert en Marnell sal ook verskillende plase besoek in verskillende landboustreke.
Die Piketberger sien uit daarna om te hoor wat Gilbert en Marnell in die Desember uitgawe te vertel het.

Beginnerskursus in Blommekuns

Belangstellendes vir 'n Beginnerskursus in Blommekuns vroeg in volgende jaar, moet Biddy Langenhoven kontak by
( 022-9132162 vóór 17 November.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] [ Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ] Page 18 ] Page 19 ] Page 20 ]