Page 5
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] [ Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ] Page 18 ] Page 19 ] Page 20 ]

5


Praktika in Malawi met dr. Kawale van die Nkoma-sinode, Kobus Odendaal en ds. Mphuteni van die Blantyre-sinode.

OPLEIDING!  OPLEIDING!  OPLEIDING!

Volgens die toekomskundige, dr. Piet Muller, verdubbel die totale kennis op aarde elke twee jaar.  Dit beteken dat die voortdurende opskerping van kundigheid en inligting vir die ontwikkeling van enige organisasie van uiterste belang geword het.  Praktika het  hierdie jaar toenemend 'n be-langrike rol in vele organisasies in hierdie verband gespeel.  Die gebied waarin hulle diens lewer, het gegroei vanaf Piketberg en omstreke tot na gebiede in die Olifantsriviervallei, die Boland en selfs tot so ver as Malawi.
Organisasies soos skole, klein- en medium besighede, landbou-ondernemings en kerke het van
Praktika se professionele dienste gebruik gemaak.  Daar is onder meer verskeie opleidingsprogramme aangebied,  gehelp met die fasilitering van personeel-bestuursprosedures en gehelp met die vestiging van gesonde arbeidsverhoudinge.
Skakel
Praktika by ( 022-913 2933 om te verseker dat u op hul databasis geplaas word om sodoende maandeliks relevante inligting te ontvang.

Die tafeldruifspanbestuurders van Conradie-Boerdery, Halfmanshof wat die program "Maak skerp die
gereedskap" gedoen het.

Kantoorbestuurders deurloop die program
"ABC van Personeeladministrasie".

Die "Bestem om te Bestuur"-program wat gedoen is deur o.a. Jandre van der Vyver, Pierre van den Heever en Andries Farao.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] [ Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ] Page 18 ] Page 19 ] Page 20 ]