Page 20
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ] Page 18 ] Page 19 ] [ Page 20 ]

20

VEILIGHEIDSHUIS ACVV sê dankie:

Baie dankie vir die wonderlike terugvoering wat ontvang is rondom die meubels en klerasie vir die veiligheidshuis Ons het tans nog 'n groot behoefte aan enkelbeddens, matrasse en eetgerei..

Kerkkomitee hoog in die dakke

Die veiligheidshuis in Kennastraat soos dit tans lyk.  Skakel met Cornelia Giliomee by ( 91 31525 indien u van enige hulp kan wees.

Op 24 September (Erfenisdag) het die eiendomsdiensgroep saam met Pieter Fox die los akoestiese teël teen die NG kerkgebou se dak geplak. Met baie moeite is 'n stellasie tot bo teen die dak gebou om die enkele teël vas te plak. Foto: Jan Fouché (digitaal)

Piketberg Loop-en-Val
vasbytspan

Die Piketberg Loop-en-Val vasbytspan is vroeër vanjaar deur ses lede gestig. Hulle het reeds aan twee vasbyte naamlik die Cederberg en Kannaland elk oor 'n afstand van 75 km deelgeneem en hulle redelik goed van hul taak gekwyt. Sonder finansiële bystand sou die kostes te hoog gewees het en daarom bedank hulle die volgende borge vir hulle bydraes: Heldervue Estates, Mont Piquet, Môrester Boerdery, Bergskeur Plase, Heimat Boerdery, Hochland Boerdery, Rietkloof Boerdery, Steenebrug, Boland Agri, Piketko, Zebra, Pik-'n-Wyn, Broodkraal Landgoed, Dr S Scheepers, P Pretorius Prokureur, Midas, Kekkel en Kraai, Johan Eksteen, Ian Hanekom, Mev Rossouw, NQF vervoer, Sanlam, Boland Spar en Nederberg Hotel.
Ferdinand Bruwer word ook bedank vir sy vervoer en verblyfreëlings te Ladismith. Die groep was regtig verras met sy kookvernuf en persoonlike aandag.
Die Piketberg Loop-en-Valspan soek ook nuwe lede.
Enigeen wat glo hy/sy beskik oor die stamina om 75 km oor twee dae voluit te stap sal oorweeg word. Die span beoog om by die WP te affilieer. Hiervoor is egter permanente borge nodig. Enige voornemende stapper of instansie wat 'n wenspan of stapgeleenthede wil borg is welkom om Hannes Bonthuys by
È 082 462 6836,
Johan van Zyl by
È083 651 1588 of
Jaco Burger by
È 072 355 6464 te skakel.

Johan van Zyl, Jaco van Eeden, Wallie Walters, Jaco Burger, Hannes Bonthuys en Hennie van der Westhuysen. Heel agter is die vaandeldraer Bennie Burger.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] Page 17 ] Page 18 ] Page 19 ] [ Page 20 ]