Page 17
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] [ Page 17 ] Page 18 ] Page 19 ] Page 20 ]

17

BADISA

BADISA is 'n Tswana-woord wat herder, versorger of ouderling beteken. Verder is die woord BADISA ook afgelei van BArmhartigheid, DIens en SAam. Dis 'n waardegedrewe organisasie met Jesus Christus as rolmodel wat daarna streef om kwaliteitdiens te lewer aan mense en gemeenskappe.
Op Piketberg het 'n droom vir BADISA waar geword toe die hoofbestuur van PPC 'n vennootskap gesluit het met Melonice Blanckenberg, maatskaplike werker van BADISA. Met PPC De Hoek se finansiële steun en die hulp van ander instansies is 'n gemeenskapskombuis pas in gebruik geneem.
BADISA gemeenskapskombuis kan op Dinsdae en Donderdae tot 150 gebalanseerde borde kos aan behoeftige persone verskaf teen R1-00 per bord. 'n Koeponstelsel word gebruik en koeponne word vooraf verkoop sodat getalle bepaal kan word.
Volgens Melonice is hierdie gesamentlike projek uit die gemeenskap 'n poging om werklose en behoeftige persone se lewenskwaliteit te verbeter met 'n bord gekookte kos.
'n Vennootskap is verder gesluit met Huis AJ Liebenberg, 'n onder afdeling van die ACVV wat hulle kombuis en kombuispersoneel beskikbaar stel vir die voorbereiding van die kos.
Winkelshoek Wynkelder is ook 'n permanente borg wat die maandelikse vervoertoelaag van BADISA-kantoor borg en ook die veiligheidshek in die kantoor geborg het.
Dennis Afrika, voorsitter van BADISA op Piketberg en Melonice Blanckenberg bedank die volgende instansies vir hulle bydraes: PPC De Hoek, Huis AJ Liebenberg, Winkelshoek Wynkelder, Boland SPAR, Check In, Fine Feathers, Kekkel en Kraai, Liebco, Megasave, Nederberg Hotel, OK Foods Piketberg, Little Village Kwekery en Pep Stores. 'n Spesiale woord van dank aan Michealene Kitshoff vir die uitwerk van die spyskaarte en die doen van die aankope.

By die opening van Badisa se gemeenskapskombuis was Berenice Roux van Boland Spar, Kerry Victor van Winkelshoek Wynkelder, Lilla Treurnicht, matrone van Huis AJ Liebenberg, Elsabé Liebenberg, Voorsitter ACVV en Michealene Kitshoff, wat as vrywilliger die aankope en spyskaarte hanteer.

Op dié foto verskyn die hoofborg PPC De Hoek se Algemene bestuurder Piet Booysen en die Organisatoriese Prestasie Bestuurder William Samuels, saam met Melonice Blanckenberg, maatskaplike werker op Piketberg en Zylia Volschenk, bestuurder: Maatskaplike dienste Weskus Area.

Drie van die vrywilligers wat help om die kos op te skep is hier Elsa Taylor, Katriena Pedro en Sarie van der Byl.

HIERDIE BLADSY WORD GEBORG DEUR
DR HEROLD TRUTER

Dié paar dankbare gesigte in die ry op die eerste dag van Badisa se gemeenskapskombuis is Joan Booys, Mali Pieters, Edith Strauss en Magrieta Heyns by Stephanie van der Westhuizen.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ] Page 15 ] Page 16 ] [ Page 17 ] Page 18 ] Page 19 ] Page 20 ]