 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Huis AJ Liebenberg se siekeboeg word oor die jare reeds as een van die bestes beskou. Hier is die drie nagverpleegsters: Magrieta Klaasen, Sandra Fredericks en Amalia Cloete.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Piketberg Museum
Hoeveel van ons inwoners is bewus van ons pragtige plaaslike museum en hoeveel het dit al besoek? Al die oudhede by die Sinagoge perseel is geskenk deur die inwoners van Piketberg en kom dus alles uit die omgewing. Die museum kuratrise het intussen aansoek gedoen by die Lotery om fondse te bekom vir uitbreiding by die museumkompleks. Daar is reeds 'n wildekruietuin uitgelê van kruie uit die omgewing. Enigeen wat al gaan berg klim het, sal onmiddellik die heerlike kruiereuk eien. Daar is reeds vier bome geplant. Een deur die Anglo Boereoorlog Vereniging wat die 100 jarige viering van die ABO herdenk het en die ander drie bome is deur die NG-, VG- en AME kerke geplant as teken van versoening tussen die drie kerke. Die oud-Joodse inwoners beplan om ook 'n olyfboom te plant ter herdenking aan hul voorgeslagte te Piketberg. Die museum behoort aan ons dorp, inwoners en distrik. Ons moet almal betrokke voel daarby. Dis ons enigste bewyse aan die nageslag hoe hul voorgeslagte gelewe het. Met die moderne tegnologie waarmee hulle groot word, is dit moeilik om te visualiseer hoe hul voorgeslagte gelewe het tensy hul dit fisies sien. Wil die onderskeie organisasies en die publiek nie betrokke raak nie? Die museum is werklik al wat die geskiedenis vir die kinders behoue laat bly. Die Museum se Jaarvergadering word gehou op Donderdag 16 Oktober 2003 by die Sinagoge om 17:30 en verteenwoordigers van al die organisasies en inwoners word hartlik daarheen uitgenooi.
Raak asseblief betrokke by die Museum en bewaar sodoende die verlede vir die toekoms.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In vrolike luim by die 40-jarige verjaardagtee van Huis AJ Liebenberg is agter Angeline Engelbrecht en Marietjie Visser. Voor sit Rachel van Rooy, Ann Engelbrecht en Jenanda Prins.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
Johan Smit, inwoner van Huis AJ Liebenberg, het sy eie orrel ingevoer en speel gereeld vir die inwoners.
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
 |
|
|
|
|
Kennisgewing
Nominasies van gemeenskapslede word ingewag met toepaslike bestuursvaardigheid en deernis vir ouer persone om vrywillig (sonder vergoeding) te dien op die bestuurskomitee van Huis AJ Liebenberg, ACVV Tehuis vir Bejaardes. Nominasievorms kan aangevra word by Kloofstraat, Piketberg, (022-9131228. Nominasies moet vergesel wees van die genomineerde se skriftelike instemming tot so 'n nominasie, 'n verkorte CV met ten minste twee verwysings. Sluitingsdatum vir nominasies is 24 Oktober 2003.
Notice
Nomination are awaited from the community members with relevant managerial skills and compassion for the elderly, to serve voluntary (without compensation) on the Management of Huis AJ Liebenberg, ACVV Home for the Elderly at Piketberg. Nomination forms can be collected at Kloof Street, Piketberg (022-9131228. Nominations must be accompanied by the nominees written concent, a condensed CV with at least two references. Closing date for nominations is 24 October 2003.
|
|
|
|
|
 |
 |
|
|
|
|
|
|
Piketberg Sokkerklub stoom voort
Die span van Piketberg het weer eens gewys dat hulle nog beter kan vaar. Hulle het Sondag teen Castle United van Riebeek-Wes gespeel en het nogmaals bo-oor Castle gehardloop. In die eerste helfte het M Goerge die telbord aan die rol gesit om die doel in die nette te plaas vir die tuisspan. Die rustyd telling was 2-1. In die tweede helfte het eers H Javan in die doelhok gaan kuier. Die doelskieter, J Markus het 'n gulde kans verbrou toe hy nie die bal in die nette kon sit nie. Die vurige middelvelder Geuzz het weer met een van sy lang doelskoppe geslaag en die eindtelling was 3-2 in Piketberg se guns. Die klub se spanbestuurder is baie tevrede met die span se spel. Die klub wil ook baie dankie sê aan Piketberg Sportbeheerraad vir die skenking van sokkerballe. Klubs wat teen die span wil speel kan die volgende persone skakel: D Daniels (voorsitter) by È 082 723 1588, C Somers (spanbestuurder) byÈ 083 439 4345
|
|
|
|
|
|
|