Page 4
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] [ Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ]

4

VLV oor gewig

Op Donderdag 11 Maart om 15:00 word 'n baie opwindende vergadering in die biblioteeksaal gehou. Almal is welkom. Die onderwerp, diëte en die regte manier van eet, word deur 'n dieetkundige bespreek. Dit is bekend dat die oorgrote meerderheid van Amerikaners oorgewig is en dat Suid-Afrikaners vinnig besig is om hulle in te haal. Oorgewig gee ook aanleiding tot onnodige gesondheidsrisiko's.
Die nuwe veilige sonverbruiningsmasjien word ook gedemonstreer. Behalwe dat dit aan jou 'n pragtige gesonde sonbruin voorkoms gee, is daar nog talle ander gebruike vir hierdie masjien soos ook gedemonstreer sal word.

Te koop: 5vt glasvesel sleepwa "Tag-a-long" R3 500,00
( 022-942 1744

Vir verfwerk (Binne en buite). Doen werk alleen. Bou kamer en kombuiskaste ook. Boetie Fourie È 082 719 4990


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] [ Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ]