 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
Die Richter kinders skryf...
Ons Ma, Bettie Richter, het op 1 Januarie 1990 Annekswoonstel No. 9, van Huis AJ Liebenberg, betrek. Daarna, na amper 11 jaar, is sy op 1 November 2001 na die Siekeboeg van Huis AJ Liebenberg oorgeplaas. Al die tyd was die Personeel van Huis AJ Liebenberg, dit is die matrone, verpleegpersoneel, die skoonmakers, ja almal wat ons nie eers van weet of ken nie, sowel as haar bure van al die jare, besonder goed vir haar. In die siekeboeg het sy net die beste moontlike versorging gekry en het die personeel met groot sorg, deernis en liefde na haar omgesien. Sy is op 18 Januarie oorlede. Ons as haar kinders wil graag baie dankie sê vir almal in Huis AJ Liebenberg vir die manier waarop hulle haar versorg en na haar omgesien het. Ons waardeer dit baie en sal altyd met groot lof praat van Huis AJ Liebenberg se versorging van ons Ma.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bloedhond
Bloedhonde word so genoem omdat hulle 'n bloedspoor so goed kan vat - lui een verklaring vir die naam, maar dit is 'n flater. Bloedhonde is die oudste van die honde wat net die reuksintuig gebruik om te jag. Die naam verwys na die sorg waarmee dit geteel word sodat die bloedlyn suiwer bly, en daardie droewige gesig nie verander nie. Die voorgeslagte van dié hond se besonderhede is reeds in die 9de eeu n.C. aangeteken. Dit het dus niks te make met spoorsny, met of sonder bloed, nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Valentynsoggend by biblioteek
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Op Vrydag, 13 Februarie, het dames hulle geniet met pragtige sang deur Chrisna Smit en 'n modeparade van rokke van Rita Greef uit die 70's en 80's. Hanlie Richter het oor liefde voorgedra en die oggend is afgesluit met tee en heerlike eetgoed.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
Hanlie Richter, Carina Kennedy, Rita Greeff, Karin Mostert en Ilse Bruwer by die biblioteek se Valentynsoggend.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|