Page 10
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] [ Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]

9

VLV las lappies

'n Baie geslaagde en gesellige kursus in laslap- en kwiltwerk is georganiseer deur VLV Piketberg in samewerking met Alida Walters van Bernina. Die aanbieder was Doortjie Gersbach van Robertson. Dames van Piketberg, Eendekuil en Aurora het dit bygewoon.

Op die foto regs verskyn 'n klompie dames met die
mooiste laslapkomberse om hulle gedrapeer (dit was voorbeelde).
Agter is Jolene Loubser, Petro Vercuiel, Riana Richter, Alida Walters en Christa Burger. Voor is Chrisna Smit, Marianne Kitshoff, Frannie Botha en Madelein Coetzee

Die 2003 Bestuur van VLV Piketberg in ontspanne luim na afloop van hul eerste bestuursvergadering in
Februarie vanjaar.
Agter van links na regs: Riana Richter (voorsitter), Joan van Kraayenburg (Landbou en Tuinbou), Hannie Visser (tesourier), Selomie Roelofse (Leefstyl).
In die middel: Chrisna Smit (vise-voorsitter en sameroeper van Opvoeding en Kultuur), Ezette Mouton (Openbare Sake)
Voor: Lizelle du Toit (Kunste en Handvlyt), Nicoline Brown (sekretaris), Frannie Botha (Gesondheid)

Dié drie leerders van PHS het gou-gou gedurende pouse op 14 Februarie mekaar gelukgewens met hulle verjaarsdag: Hier sit Bertus van Niekerk gr 12, Daniel Goosen Gr R en Nicolene Scholtz gr 10 met Daniel se hartjiekoek met die 6 kersies. Een van die onderwyseresse by PHS, Christa van Rooyen, verjaar ook op Valentynsdag

Hierdie bladsy word geborg deur dokters Nel en van der Merwe


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] [ Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]