Die dorp het gewemel van vreemdelinge toe almal skarrel om lisensies te kry. Vir Piketberg was dit 'n kans om gasvry te wees. Hopelik het die Kapenaars 'n positiewe beeld van ons dorp gekry.
'n Groepie Kapenaars wat op 27 Februarie hul lisensies op Piketberg kom uitneem het, het met filo fax en selfoon voortgegaan om hul privaat ondernemings vanaf hierdie stoep en vanuit die elle lang ry te bedryf.
Die feit dat hulle vir hulleself werk en tyd kosbaar is, is een van die groot redes vir die uitstel tot op "nr 99".
Agter is André Louw (jnr), Justin Ford en Charl Visser
Voor is André Louw (snr), Erica Mitchell en Janine Visser
Die volgende Piketberger verskyn op 15 April en berigte en advertensies moet ons bereik teen 31 Maart 2003