Page 4
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] [ Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]

4

Woord in Aksie

Woord in Aksie het as beweging ontstaan op grond van die openbaring van die Geregtigheid van God.
Jesus Christus het op Golgota die volmaakte soenoffer gebring deurdat God Hom sonde gemaak het, sodat ons kon word, die Geregtigheid van God in Hom (2 Kor 5:21).
Die implikasies van hierdie afgehandelde offer bring die mens deur geloofsaanname terug in 'n volkome liefdesverhouding met God in Jesus Christus. Jesus Christus het die wraak en straf oor sonde gedra namens die mens. Van God se kant is daar dus geen onafgehandelde sake teen die mens uitstaande nie, behalwe vir die mans om die versoening wat daar in Jesus Christus is, te aanvaar en daarin te lewe. Op grond van die reiniging wat daar deur die bloed van Jesus is, kan God die mens in volheid deur Sy Gees bewoon. God wil so die herstelde heerskappy op aarde in Jesus Christus, deur die mens manifesteer.

Visie

Om die boodskap van Die Geregtigheid van God met mense te deel.

Missie

Om dmv kampe, mense aan die Boodskap van die Geregtigheid van God voor te stel deur lofsang, lesings, besprekings en persoonlike bediening.
Om mense in 'n lewende verhouding te bring met God drie-enig.
Om die woord van God in aksie te bring in mense se lewens.
Om mense terug te stuur om 'n planting van die Here te wees tot Sy verheerliking (Jes 61:3).

Kampe 2003 Wes-Kaap

Datum    Kamp
14 - 16 Maart   Vroue
11 - 13 April  Manne
09 - 11 Mei  Gesin
16 - 18 Mei  Tieners
30 Mei - 01 Junie  Vroue
20 - 22 Junie  Manne
15 - 17 Augustus Vroue
22 - 24 Augustus Tieners
19 - 21 September Manne
10 - 12 Oktober  Vroue
17 - 19 Okt  Tieners
31 Okt - 02 Nov  Manne
21 - 23 Nov  Vroue


Vir verdere besonderhede kontak
Stella by:
Posbus 2368, Dennesig, 7601
( 021-887 4336
7 021-883 9198
 weskaap@wia.org.za
Bank: Standard Bank, Stellenbosch
Takkode: 05-06-10-45
Rek. nr.: 073009075

Piketberg skakelpersoon
Jolene Loubser: ( 022-913 1948


"Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne." Jesaja 43:1

DIE PLASING VAN FOTO'S IN HIERDIE UITGAWE WORD GEBORG DEUR DOKTERS SMIT, MORRISON EN SCHEEPERS.

Hierdie kolom is geborg deur Jolene Loubser
Baie dankie-Red.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] [ Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]