1

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Junie 2003

(022-913 1796

Jaargang 10  Nr. 5

www.piketberg.com

Lees binne

Redaksioneel, Briewe van ons lesers...p.2
OK Foods belê in Jeug...p.3
Middeldeurvlei toer na Kaapstad...p.4
Piketberg groet dokters, Salusa 45 X 2 ..p.5
AGS Jeuggroep wil CD maak...p.8
PHS se damwal breek, Entrepreneurs vat vlam...p.6
AGS Jeuggroep wil CD maak...p.7
Amerikaner in Piketberg, Ouma Natie se nageslag,

Verkeerde aanstelling...p.8
Uit Jannie se pen, Tweede wittebrood...p.9
Paastyd by Akademie, Ria Kretschmer oorlede...p.10
VLV-nuus van oral...p.11
Akademie by PPC, Kleurvolle wintertuine moontlik...p.12
Lions hou karnaval...p.13
Boerboel met papiere, Gholfkampioen, PHS se rugbysterre...p.18

Lions ontvang ruim skenking

Ongeveer vyftig kliënte van Piketberg en Moorreesburg is onlangs by PPC De Hoek onthaal deur BoE Bank tydens 'n besoek van Phillip Wessels, Direkteur Nedbank Besigheidsdienste. Tydens die byeenkoms het leerders van Piketberg Hoërskool twee musieknommers uit die musiekblyspel, Grease, gelewer ter voorbereiding vir hul optredes op 31 Julie en 1 Augustus vanjaar.
Later in die aand het die Lions hul baie gewilde "Rolf Harris Tribute" aangebied waartydens hulle ook hulle konsert op 30 Mei 2003 geadverteer het. Na hul optrede het Pierre Olivier, plaaslike kommersiële bankier van die bank, aangekondig dat BoE Bank 'n skenking van  R 5 000 aan die Lions maak ten einde hul projek aan minderbevoorregte ouer mense en kinders te ondersteun. 'n Donasie is ook aan Piketberg Hoërskool gemaak ter ondersteuning van hul konsertoptrede later in die jaar.

Hentie Munnik van BoE Bank Piketberg oorhandig 'n ruim donasie aan Lions
President Pat Kuhn en die streeksvoorsitter Gerry Kuhn. Die skets van Tafelberg is gedurende die vertoning gedoen deur Gerry en is vir R 5000  (BoE se bod) opgeveil
    Hit Counter