Page 7
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] [ Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ]

7

Praktika help Rande rek

PHS Reüniegroep van 1994 byeen

Praktika help rande rek met 'n program wat Daleen Turner onlangs aangebied het. Op die foto luister Isak Frans, Susanna Oktober, Adam van Wyk en Maria van Wyk aandagtig.

ACVV word boemelaars

'n Dans met 'n unieke tema word deur die ACVV gereël vir hul jaarlikse fondsinsamelingsprojek. Die boemelaarstema beloof om groot pret te wees en vind plaas op 26 Junie 2004 in die skoolsaal van PHS. Tafelbesprekings en kaartjies is beskikbaar by die bestuurslede, ACVV-kantoor en Piketberg Apteek teen R100 per paar. Boemelaars gaan versterk word met 'n unieke ete. Eie drank en glase moet voorsien word. Moenie die geleentheid misloop nie.

Die 1994 matrieks van PHS afgeneem voor die skool by die kanon tydens hulle onlangse reünie.. Hulle is net jammer die kanon se gat is toegemaak, want nou kan hulle nie hulle lekkergoedpapiertjies daarin druk nie.
Voor sit Michelle Cronjé (Kitshoff), Janine van Zyl, Lynne Liebenberg (Vercuiel), Vere Albertyn, Estelle van Rooyen (Bothma), Derick Robertson, Naomi Bruwer en Theo Palvi. In die middel is Lucia Brand (Kitshoff), Irina Coetzee (Laas), Carel Coetzee, André Visser, Floors Kotzé en John Odendaal. Agter staan Hendri van Zyl, Willem Kotze, Annaleen Visser, Riaan Burger en Willie Viljoen.

Tuinwenke

Junie is 'n rustige tyd in die tuin. Dit is nou tyd om 'n opname van jou tuin te maak en te kyk waar verbeterings aangebring moet word. Dit is ook die ideale tyd om inspirasie uit tuinboeke te put, nuwe plante te plant en oues te verplant.
Bemes die grond en verwyder dooie blomme van beddingplante. Maak polle, kannas, daglelies, gemmer en vlas
netjies. Sny bladwisselende bome reg.
Die meeste bolle wat in die winter en lente blom moet alreeds geplant wees. Lilliumsoorte kan nou geplant word.
Maak huisplante in die koue maande nat met louerige water.

Te Koop Passap duomatic 80 breimasjien met
elektriese motor en grafiekkaarte. R2 500.
Skakel 082 829 6918


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] [ Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ]