Page 3
Page 1 ] Page 2 ] [ Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ]

3

"Leer een vrou een vaardigheid"

Die projektema vir VLV Kaapland vir die jaar is "Leer een vrou een vaardigheid". Susan de Vries, VLV-lid van Piketberg het die uitdaging reeds oor en oor aangepak. Sy het begin om Australiese Kruisiesteekwerk vir ander vrouens te leer doen. Die belangstelling is so groot dat sy die kursus al moes herhaal en het sy selfs al opvolgkursusse aangebied.
Susan kan gekontak word by
È 072 176 3289 vir só 'n 3 ure-in-die-oggend kursus. Nie VLV-lede is natuurlik welkom om ook te skakel.

Eerste Nasionaal
altyd 'n helpende hand

Op 16 Mei het ENB landwyd uitgereik in die gemeenskap as deel van die "Peace of unity"-projek. ENB Piketberg het gaan kuier by Huis AJ Liebenberg met heerlike verversings.

By Mienie Scholtz (agter) van ENB sit Alma Visser, Mita van Zyl en Anna Burger.

'n Paar vrouens word op gesellige manier van Australiese Kruisiesteekwerk geleer. Agter is Ezette Mouton, Salomé Steenkamp, Riana Richter, Suzette Kriel en Susan de Vries en voor sit Sandra van Wyk, Judy van Eeden en Frannie Botha.

By Mienie Scholtz (middel) van ENB is Martjie Hanekom, Sienta Karsten, Mara Smit en Anna Smit.

Skoolkwartale  vir leerders 2005
19 Januarie tot 24 Maart
4 April tot 24 Junie
18 Julie tot 23 September
3 Oktober tot 2 Desember


Page 1 ] Page 2 ] [ Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ]