Page 7
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] [ Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]

7

Nuwe intrekkers Nuwe intrekkers Nuwe intrekkers

Die Piketberger stel graag 'n paar nuwe intrekkers aan sy lesers bekend.

Foto links:
Thys en Annelie Venter en Jaco (12 jaar) het begin vanjaar vanaf Vereniging na Piketberg verhuis. Thys het 'n stukkie grond anderkant Aurora by die
Bergrivier bekom. Annelie en Jaco kom bedags Piketberg toe - Jaco vir die skool en Annelie om te skilder.

'n Gedugte span, dié Bothas wat vanaf Aurora verhuis het. Almal is verbonde aan Boland stoei - Pa en die kinders as stoeiers en ma as beampte. Hier is Yolanda, Philip, Mirinda en Gerdus Botha.

Foto regs: Jaco en Thea Erasmus en klein Mia (2 jaar) het op Heidelberg en Ladismith gewoon en was vir 'n kort rukkie in ons buurdorp, Porterville. Hulle ervaar Piketbergers as baie vriendelik en daarom het hulle vinnig ingeskakel. Jaco se belangstelling draai om "masjiene" en Thea doen graag naaldwerk.

Victor en Dalena Hunt en hulle seun, Morné (11 jaar) was maar nog altyd Paarliete en het verlede jaar vinnig 'n draai op Brandvlei gemaak. Hulle is nou al lekker tuis in Piketberg en geniet dit baie.

Dié vrolike klomp is die Nieuwoudts van Van Rhynsdorp. Heel links is ouboet Ernst (7 jaar) en klein Helmi (2 jaar) sit op ma Wilna se skoot. Onder pa Heinie se vlerk sit Jacques (4 jaar). Hulle geniet twee dinge van Piketberg baie. Dit is die hartlikheid van die mense en die feit dat die Kaap soveel nader is. Heinie is reeds betrokke by Piketberg skou vanweë sy liefde vir perde.

Op die foto bo links staan Arno en Riekie Basson en Melanie (6 jaar). Hulle is nou een jaar getroud en is ook 'n jaar op Piketberg. Arno en Riekie kom van Klawer en Vredendal.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] [ Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]