Page 6
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] [ Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]

6

Totsiens na 11 jaar

Dr. Ben van der Merwe groet na 11 jaar op Piketberg. Hy is gebore in Victoria-Wes waar sy ouers geboer het. Een van hulle buurmense op Victoria-Wes was die Springbokrugbyspeler Mannetjies Roux. Na hy in die Laerskool op Victoria-Wes was, behaal hy matriek aan die Hoërskool De Villiers Graaff op Villiersdorp en gaan daarna na die Universiteit van Stellenbosch waar hy die graad MB ChB behaal.
Gedurende sy studiejare ontmoet hy vir Martina, 'n nooi Schreüder, van Springbok.
Hulle gaan in 1972 na Carnarvon waar hy saam met Dr. Hannes Noëth, tans van Porterville, in 'n praktyk werk.
In 1983 verhuis die gesin na George en in 1985 na Kathu.
In 1993 trek die gesin na Piketberg waar Dr. Van der Merwe saam met dokters Pierre Brink en Nic Nel 'n praktyk deel.
Benewens gholf stel hy baie belang in motors en veral groot vragmotors.
Dr. Van der Merwe is tans in Ierland waar hy "locum" in die klein dorpie Dundalk noord van Dublin.
Hy laat weet uit Ierland dat die mense daar baie gaaf is en dat die land baie mooi is, maar dat die weer maar triestig is. Die motors is nie een ouer as vyf jaar nie en alle modelle is ook in diesel
beskibaar.
Behalwe vir die mediese werk beplan hy om oor naweke meer van Ierland te sien. Hy was onlangs by New Grange, die oudste bousel op aarde bekend aan die mensdom. Dit is 'n graftombe wat baie groot is buite, en binne is daar net 'n nou gangetjie. Die bousel is 400 jaar oud en is ongeveer 1000 jaar ouer as die piramides in Egipte.
'n Paar van die terme wat hy interessant vind in Ierland is
round about vir 'n verkeersirkel; Hole in the wall vir 'n outoteller 'n "pint"  vir 'n bier.

Beste verkoper

Salusa 45 (X2)

Ivor Jones, streeksbestuurder-verkope van ENB oorhandig 'n eerste prys aan Sarina Carstens vir beste verkope van begrafnisplanne in die Wes-Kaap vir Meimaand. Regs staan Jaco Carstens, takbestuurder van ENB. Die Piketberger vra om verskoning dat Jaco in die Mei-uitgawe 'n verkeerde naam gekry het-Red.

Ons herhaal die foto wat ons verlede maand geplaas het omdat ons nagelaat het om al die persone op die foto se name te plaas.
Op dié geskiedkundige foto links verskyn die 90 plussers van Huis AJ Liebenberg met hulle ouderdomme tussen hakies. Agter is Malie Coetzee (91); Hannie van Zyl (90); Henna Langeveldt (90); Natie Rossouw (90), Hettie Krige en Katie Bestbier (90). Voor is Johanna Louw (91); Bettie Richter (90); Gawie Swart (95 in Augustus) en Maria de Goede (91). Inlas Tannie Bettie Koegelenberg (95)

Winterdans
(ten bate van Liana de Villiers)
Op 19 Julie om 19:00 by Piketberg Skouterrein.

Die koste van R60 per persoon sluit 'n ete in. Die drag is semi-formeel en die musiek word verskaf deur Mike Engelbrecht. Vir kaartjies en besprekings kontak
Carin Brink by
( 022-913 1649 of È 083 328 8941
Liza Bosman by
( 022-913 2033 of È 072 592 3427


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] [ Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]