Page 5
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] [ Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]

5

OK ontvang graad 1's

Die graad 1-klas van PHS het die afgelope tyd 'n indringende studie oor verskillende beroepe gemaak. Verskeie persone uit die dorp het die klas besoek om oor hul beroepe te vertel. Groot was die opwinding toe hulle op 'n uitstappie na OK Foods gegaan het.

Slagters George Bezuidenhout en Kelvin Julius vertel vir Francois McKnight, Lynn Julius en Nicole Dietrich meer oor worsmaak

Nadat die graad 1's getrakteer is met heerlike koek in die Coffee shop, het elkeen nog verversings huis toe geneem. Hier staan Ronelle Bezuidenhout van OK Foods Delhi by Christie van der Merwe, Karli Truter en Madré van Zyl

By die graad 1's van PHS staan George Bezuidenhout, die slagter van OK Foods. Hier leer
TC Bindeman, Keinneth Jonas, Landi Brink, Nicole Dietrich en Lynn Julius meer oor die snitte van 'n skaap

Nuwe predikant by NG Kerk Piketberg verwelkom

Die eiendomsdiensgroep by die NG Kerk het pas 'n projek afgehandel wat dit vir toeriste en nuwe intrekkers maklik sal maak om hulle pad te vind. In die vierkant is 'n paal met wegwysers (ook 'n predikant genoem) aangebring. Jan Saunders was vir die projek verantwoordelik. Hennie van Niekerk van Henko Stika Signs het die bordjies gemaak en aan die gemeente geskenk.
Die yster vir die paal is geskenk deur Carel van Niekerk
Ingenieurswerke en die paal is deur Jan Saunders gemaak.

Hennie van Niekerk van Henko Stika Signs wat die aanwysborde by die NG Kerk gemaak en geskenk het.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] [ Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]