Page 4
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] [ Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]

4

Die ACVV sê dankie aan elkeen wat 'n bydrae tot die oggendmark gelewer het. Hierdie bydraes is baie belangrik om die ACVV as organisasie in bedryf te hou.

Los matte gesoek
Kontak Erina by
( 022-913 1750 (09:00 - 11:00) of
( 022-942 1707 saans

Swartland Junior Tennis Bult Spiere

Die ROX Tennis toernooi vir jong tennisspelers het vir die tweede keer op 34 bane in Piketberg, Moorreesburg en Porterville plaasgevind en tennis uit die boonste rakke is gespeel. In ideale weer het 169 spelers van so ver as Caledon, Hermanus, Lutzville en Bredasdorp hier kom meeding vir die top 8 posisies in die Kampioenskappe.
Verskeie plaaslike spelers het gewys hul hoef glad nie terug te staan vir hul opponente uit Stellenbosch en die Kaapse voorstedelike gebiede nie en het in verskeie ouderdomme in die top 3 geëindig.
Daar was heelwat meer inskrywings as verlede jaar en het dit kopkrap en fyn beplanning gekos om al die spelers te kon
akkommodeer. Sonder die hulp van die verskillende konvenors op elke dorp asook ons plaaslike
Bergrivier Munisipaliteit vir hul borgskap sou die dag nie so suksesvol kon wees nie.
Hierdie ondersteuning van die munisipaliteit was weer eens 'n bewys van hul erns om die
Bergrivier-area te promoveer en aktiwiteite te ondersteun wat tot voordeel van die hele gemeenskap kan wees. Volgens die organiseerder, Suzette Olivier, voel sy dat die platteland enige sportdag net so goed kan aanbied soos hul eweknieë in die stad en sy sal graag volgende jaar nog meer spelers uit ons eie geledere wil sien meeding. Die skole van Eendekuil en Moorreesburg verdien spesiale melding vir hul aantal inskrywings.

Sonder verskeie persone se harde werk en ondersteuning kon die dag nie plaasgevind het nie en die organiseerder wil alle betrokkenes bedank vir hul hulp asook die skole, klubs en munisipaliteit wat hul bane beskikbaar gestel het.

TREKKER-OPERATEUR-OPLEIDING

Praktika het gedurende die afgelope maand 'n hele paar tegniese opleidingsprogramme aangebied waarvan die Trekker-operateursopleiding een was. 
Jaco Dippenaar van Nuwedrif het die opleiding aangebied en het veral gefokus op die verskillende dele van 'n trekker, noodsaaklike punte wat gereeld nagegaan moet word en die veilige gebruik en hantering van 'n trekker.  Dit is
beklemtoon dat die vroeë opsporing van foute duisende rande kan spaar aan onderhoud.

Op die foto is Jaco Dippenaar besig om aan die kursusgangers te verduidelik hoe die onderdele van die enjin lyk en wat die funksies daarvan is.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] [ Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]