 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
ONTVANGSDAMES ONTVANG KEURIGE KLIËNTEDIENS-OPLEIDING
Praktika het so pas nege ontvangsdames van besighede aan die Weskus opgelei. Die ontvangsdames van Hotel Hoedjiesbaai in Saldanha, die Hotel Riviera van Velddrif, die Hotel Laaiplek en AJF Eigelaar & Seuns se hoofkantoor het almal hierdie program deurloop. Die Keurige Kliëntediensprogram is onlangs uitgebrei tot 'n tweedaagse program en is uiters geskik vir die opleiding van ontvangsdames van besighede wat indiensopleiding, afronding of 'n opfrisser nodig het in hierdie baie belangrike pos. Die sewe modules gee veral aandag aan die volgende sake: - die posisie van die ontvangsdame binne die organogram van die onderneming; - die belangrikheid van haar pos binne die onderneming; - sy as persoon; - haar werkplek; - die kliënt; - die verskillende kommunikasiekanale; - en hoe om onmisbaar binne jou onderneming te word. Hierdie program kan ook binne een dag aangebied word, maar sluit dan assessering uit.
Kontak Praktika by ( 022 913 2933 vir navrae.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
SKOOLBEHEERLIGGAME VERKIESINGSTYD
Dit is nou weer die tyd vir skole om hul Beheerliggaam verkiesings te hou. Beheerliggaamlede word vir 'n tydperk van drie jaar verkies. Stemgeregtigde ouers moet die meerderheid van die Beheerliggaamlede uitmaak. Ouers wat tot Beheerliggame verkies word, moet 'n kind in die betrokke skool hê. Huidige lede is herkiesbaar. Mnr Johan Joubert, Kringbestuurder van die Weskus / Wynland OBOS, Kring Ses, het die volgende pleidooi tot ouers gerig:
Dit is 'n belangrike tydperk vir skole omdat verantwoordelike en effektiewe bestuur van 'n skool afhang van die betrokkenheid van sy ouergemeenskap daarby. Dit is daarom van absolute belang dat ouers hulle verkiesbaar stel om op Beheerliggame te dien. Dit is die ouers se plig om geskikte kandidate te identifiseer wat ingelig, gemotiveerd, betroubaar en die belange van die leerders se opvoeding voor op stel. 'n Beheerliggaamlid moet nie iemand wees wat afsydig staan, onbetrokke is en geen bydrae lewer tot die besluitneming in die skool se beheerspan nie. Ouers moet betrokke raak in hul skole se Beheerliggame. Trouens, ouers het 'n goddelike verpligting en verantwoordelikheid om betrokke te wees by hul kinders se opvoeding. Hulle kan daardeur 'n verskil in die opvoeding en lewens van hul kinders maak. Dit is verder ouers se plig om nominasie- en ver-kiesingsvergaderings by te woon, want ouerlede van 'n Beheerliggaam kan net verkies word as daar 'n kworum van ouerlede by sodanige vergaderings teenwoordig is. 'n Kworum is 10% van die totale getal ingeskrewe leerders van 'n skool. Offer een keer in drie jaar daardie een of twee ure op deur die vergadering by te woon en oefen so u reg as verantwoordelike ouer uit om insae en insette te lewer in u kind se opvoeding. U kind of kinders eis dit van ons.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
 |
 |
|
|
|
|
HUIS AJ LIEBENBERG OPE-DAG
Op 8 Augustus 2003 om 08:30 word die jaarlikse fondsinsameling van Huis AJ Liebenberg gehou. Heerlike gebak, pannekoek, tee, poeding, jaffels, kerrie & rys, blomme, handwerk, vars produkte en 'n vleistafel
Kom ondersteun asseblief die Ope-dag!
|
|
|
|
|
 |
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
Op die foto is die nege ontvangsdames wat die Keurige Kliëntediens-program voltooi het.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|