Page 2
Page 1 ] [ Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]

2

Berenice Roux van De Hoek skryf...

"Hiermee 'n woord van gelukwense aan die span van Die Piketberger. Julle koerant is wonderlike, positiewe lees-stof - die artikels is goed geskryf en die uitleg is baie
professioneel. Hoe lyk dit met 'n twee-weeklikse koerant?"
Nie sommer nie-Red.

Willemien Bester skryf…

Hartlike dank en waardering vir almal se bystand, liefde en belangstelling tydens my siekte. Opregte dank aan dokters Morrison en Scheepers vir hulle liefdevolle geduld die afgelope tyd.
Aan die personeel van beide Panorama en Kingsbury Hospitale vir al hulle liefde en hulp.
Dominee Goosen-baie dankie vir al die gebede.
Hartlike waardering aan al my familie, vriende en belangstellendes vir al hul gebede, besoeke, blomme, telefoon-oproepe en meelewing.
Ek het weer eens besef dat ons Piketbergers omgee.

DIE REDAKSIONELE KOLOM EN BRIEWE VAN ONS LESERS
WORD GEBORG DEUR
DR HEROLD TRUTER


Page 1 ] [ Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]