Page 13
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] [ Page 13 ] Page 14 ]

13

Met woord en lied van die Kaap tot die Gariep! kom kuier op Woensdag,
30 Julie om 09:00 op Piketberg en om 12:00 op Eendekuil

Kitaar in die hand, met `n sleepwa vol vrolike verse, loslit lirieke en komiese kontreistories gaan vier bekende skrywer-digters eersdaags `n es kom kap deur verskeie Wes- en Noord-Kaapse dorpe.
Die vier woordkunstenaars, George Weideman, Carl Boplaas van der Merwe, Marianna Brandt en Pieter Strauss het onlangs besluit om kragte saam te span, die Woordwalsers te stig en om woordvermaak en boeke teen bekostigbare pryse na plattelandse dorpe te neem. Skole sal besoek en plaaslike talent sal ontgin en aangemoedig word en plaaslike kunstenaars sal ook die geleentheid kry om saam met die skrywers op te tree.
George Weideman is `n ou bekende, wenner van vele pryse, onder andere drie Sanlam-pryse vir jeuglektuur en die ATKV- en M-Net-prys vir die roman
Draaijakkals. Marianna Brandt lę haar veral toe op kinderstories vir Afrika-lande. Sy het pas oorsee `n White Raven-prys vir The Mealie-cob Doll ontvang (die Afrikaanse weergawe, Die mieliestronkpop, is deur die ATKV bekroon) en haar Stoutsterte is onlangs met groot sukses deur Nasboek in Durbanville bekendgestel. Carl Boplaas van der Merwe het so flussies sy sesde digbundel Carl Boplaas kraai douvoordag (ramkatverse) die lig laat sien. Pieter Strauss is `n boorling van Kenhardt en debuteer in 1998 as digter in Nuwe stemme 1. Drie van sy gedigte word daarna opgeneem in Groot Verseboek 2000 (saamgestel deur André P. Brink). Sy debuutbundel kontreistories, Fluitwiel! Ware lag- en liegstories uit my dóúriewęreld, is in April vanjaar by die KKNK bekendgestel. Pieter het ook verskeie nuwe en bekende gedigte getoonset, tree saam met sy orkes by die KKNK op die ATKV-verhoog op en sal gedurende hierdie toer homself op kitaar begelei.
Moenie die ervaring misloop om die Woordwalsers in lewende lywe te sien dans en huppel en esse kap deur die kontreie van die Afrikaanse woordwęreld nie. 
Getekende eksemplare van die skrywers se boeke sal deurgaans teen eenmalige afslagpryse beskikbaar wees! Kom geniet u tyd saam met ons.
Vir besprekings op Piketberg kontak Joey Venter by
( 022-913 1134 vanaf 22 Julie. Vir die vertoning op Eendekuil kontak Daleen Coetzee by ( 022-942 1982

George Weideman

Pieter Strauss

Carl Boplaas van der Merwe

Die Uurwerk Kantel

Werp jou eerlikheid op die waters...

Sydney - Die Australiese krieketspeler Adam Gilchrist se
etiese besluit om "te stap" in 'n wedstryd in vanjaar se Węreldbekertoernooi, het vir hom deure in die korporatiewe węreld oopgemaak.
Gilchrist het hom as 'n nie-uitvoerende direkteur by die buitelandse valutamaatskappy Travelex aangesluit.

Travelex het gesę hy het Gilchrist gekies ná sy besluit om te stap in die halfeindstryd teen Sri Lanka, ondanks die feit dat hy nie uitgegee is nie.

Getuienisweek by NG Kerk
Tema: Maak dissipels
3-6 Augustus
Spreker: Ds Okkie Britz

Masaiti uitreik

Nellie Smith van Piket-Bo-Berg en haar dogter Charlene, was na Zambië op 'n uitreik saam met die NG gemeente Moorreesburg.


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] [ Page 13 ] Page 14 ]