Page 10
Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] [ Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]

10

Feit of fiksie: Water en Coke

Dr Nic Nel betree 'n nuwe Lewe

Dr Nic Nel, boorling van Britstown, voltooi sy skoolloopbaan op Prieska waarna hy sy graad in geneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Hy tree in die huwelik met Martjie, 'n nooi van Windhoek, en saam maak die egpaar hulle vier kinders groot.
Op Strydenburg begin hy sy eerste praktyk. Vir tien jaar het hy sy eie praktyk op Williston en lewer daar diens van onskatbare waarde aan die gemeenskap. Hy verhuis vanaf Hopefield na Piketberg gedurende 1983 om in vennootskap met Dr Pierre Brink te tree. Hier raak hy en sy vrou verknog aan die dorp en sy mense en kon elke pasiënt sien dat hy sy geloof, dat mense belangriker is as enigiets anders op aarde, uitleef. As dokter beleef sy pasiënte hom as vriendelik en meelewend, iemand in wie jy vertroue kan hê.
Sy professionele optrede by die praktyk dwing respek en liefde af en sy personeel ervaar hom as iemand met 'n fyn humorsin en 'n simpatieke oor.
Sy kollegas vind in hom 'n uitmuntende diagnostikus met 'n liefde vir mense wat hom baie populêr maak. Sy vennote het gou gesien dat Dr Nic Nel nooit werklik van diens gaan nie en kon hom enige tyd by die spreekkamers na ure verwag, besig om sy pasiënte te sien in sy af tyd. Sy jarelange kollega en vriend, Dr Pierre Brink, voel dat dit 'n voorreg was om met so 'n besondere nederige en begaafde persoon saam te werk en onthou hom as iemand wat altyd vrolik en vol grappies is, een wat nie daarop uit is om sy medemens uit te buit nie, want sy liefde vir die medisyne is veel groter as vir geld.
Vroeër jare het hy aan tennis deelgeneem, maar deesdae spits hy hom veral toe op gholf. Hy speel vir die Brodie-span en was die kampioenspeler.
Agter elke suksesvolle man staan daar 'n vrou, sê die spreekwoord. In hierdie geval word dit weer eens bewys. Sy eggenote, Martjie Nel, is sekerlik sy grootste bewonderaar en staan hom te alle tye by, ook in tye van siekte. Geduldig het sy hom met die dorp en sy mense gedeel en toegelaat dat hulle hom op die mees onmoontlike tye van die huis roep. Stilweg het hierdie formidabele vrou ook haar deel gedoen om menige persoon se nood te help verlig.
Hulle kinders ervaar hulle ouers as liefdevolle, onder-steunende ouers, altyd beskikbaar in krisistye en wat hulle toegelaat het om hulleself te wees en nooit probeer giet het in 'n vorm nie. Dit is kenmerkend van sy respek wat hy vir elke mens het.

Voorlopig, totdat daar 'n koper vir die egpaar se huis is, sal hulle in Piketberg woon, waarna hulle beplan om te verhuis na 'n plaas in Williston. Dr Nel sal voortaan locums doen en ook meer aandag aan sy geliefde stokperdjie, fotografie, gee.

Dikwels word inligting oor die internet versprei wat as feite opgedis word. Die volgende word deurgegee en u kan self oordeel.

WATER
1. 75% of Americans are chronically dehydrated.
2. In 37% of Americans, the thirst mechanism is so weak that it is often mistaken for hunger.
3. Even MILD dehydration will slow down one's metabolism as much as 3%.
4. One glass of water will shut down midnight hunger pangs for almost 100% of the dieters studied in a U-Washington study.
5. Lack of water, the #1 trigger of daytime fatigue.
6. Preliminary research indicates that 8-10 glasses of water a day could significantly ease back and joint pain for up to 80% of sufferers.
7. A mere 2% drop in body water can trigger fuzzy short-term memory, trouble with basic math, and difficulty focusing on the computer screen or on a printed page.
8. Drinking 5 glasses of water daily decreases the risk of colon cancer by 45%, plus it can slash the risk of breast cancer by 79%, and one is 50% less likely to develop bladder cancer.
COKE
1. In many states (in the USA) the highway patrol carries two gallons of Coke in the trunk to remove blood from the highway after a car accident.
2. You can put a T-bone steak in a bowl of coke and it will be gone in two days
3. To clean a toilet: Pour a can of Coca-Cola into the toilet bowl and let the "real thing" sit for one hour, then flush clean. The citric acid in Coke removes stains from vitreous china.
4. To remove rust spots from chrome car bumpers: Rub the bumper with a rumpled-up piece of Reynolds Wrap alumi-nium foil dipped in Coca-Cola.
5. To clean corrosion from car battery terminals: Pour a can of Coca-Cola over the terminals to bubble away the corrosion.
6. To loosen a rusted bolt: Applying a cloth soaked in Coca-Cola to the rusted bolt for several minutes.
7. To bake a moist ham: Empty a can of Coca-Cola into the baking pan, wrap the ham in aluminium foil, and bake. Thirty minutes before the ham is finished, remove the foil, allowing the drippings to mix with the Coke for a sumptuous
brown gravy.
8. To remove grease from clothes: Empty a can of coke into a load of greasy clothes, add detergent, and run through a regular cycle. The Coca-Cola will help loosen grease stains. It will also clean road haze from your windshield.
For Your Info
1. The active ingredient in Coke is phosphoric acid. Its pH is 2.8. It will dissolve a nail in about 4 days. Phosphoric acid also leaches calcium from bones and is a major contributor to the rising increase in osteoporosis.
2. To carry Coca-Cola syrup (the concentrate) the commercial truck must use the Hazardous material place cards reserved for Highly corrosive materials.
3. The distributors of Coca-Cola have been using it to clean the engines of their trucks for about 20 years!
Now the question is, would you like a glass of water or coke?

Mevrou Martjie en dokter Nic Nel


Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] [ Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ] Page 13 ] Page 14 ]