|
Gedurende Junie 2004 het die graad 9-leerders van PHS 'n statistiese opname as deel van hul jaarwerk gedoen. In die opname is die mening van die lesers van Die Piketberger nagevors. Enkele van die bevindinge word hieronder weergegee:
Plasing van artikels met 'n positiewe inslag
94% van ons lesers het aangedui dat hulle saamstem met die redaksionele beleid om slegs artikels met 'n positiewe inslag te plaas.
Gereelde rubrieke
Die lesers se mening ten opsigte van die volgende gereelde rubrieke is gevra en die persentasies wat aandui ons moet daarmee voortgaan word in hakies aangedui. Redaksionele kolom (96%). Briewe van ons lesers (95%). Reisverhale (80%). Waar kom dit vandaan (89%). Tuinbourubriek (92%). Die bedrywighede van die Lions (81%).
Verspreidingspunte en toeganklikheid
77% van die lesers meen die aantal verspreidingspunte is genoeg en 74% meen dit is maklik vir alle mense om foto's en berigte vir plasing by die redaksie te besorg.
Taalversorging en uitleg
99% van die lesers meen die taalversorging is goed tot uitstekend en 95% meen die uitleg is goed tot uitstekend.
Advertensies
49% van ons lesers het al 'n advertensie gebruik om iets te koop of om 'n telefoonnommer op te soek
Kommentaar op Die Piketberger
Lesers kon ook enige ander aspek wat hulle onder ons aandag wou bring aanroer. 'n Aantal pluimpies asook ander sake waaraan die redaksie aandag kan gee is neergepen.
'n Paar pluimpies is uitgedeel:
As nuwe intrekkers voel ons dat die koerant interessant is. Puik werk. Doen so voort. Die foto's is soms onduidelik. Ek geniet die koerant. 10 uit 10 vir Die Piketberger. 11 uit 10 vir dorp se eie koerant. Min kan dit sê. Pragtig. Doen so voort. Hou so vol. Ons baklei altyd wie dit eerste lees. 'n Dankie vir Piketberg se koerant en leesstof. Daar is altyd iets nuuts, iets anders waarvan my kennis nog nie strek nie. Piketberger uit boonste gestoeltes. Dankie vir julle goeie publikasie, dit word hoog op prys gestel. Baie dankie vir u tyd, opofferinge vir ons gerief. Dit word hartlik waardeer. Die Piketberger is baie goed uiteengesit. Alles van julle is uitstekend. Die Piketberger is tops. Doen so voort. Ek kan gewoonlik nie wag vir elke maand se uitgawe nie. Dis interessant en jy voel deel van Piketberg en sy omgewing. Die koerant hou jou op hoogte van bv. musiekkonserte. Sterkte. As oud-skolier en Piketberger mis ek nie graag Die Piketberger nie. Baie interesssant. Gaan so voort.
'n Paar voorstelle is gemaak:
Die fokus is op die blanke populasie veral ten opsigte van die skole. Gee meer landbouberigte. Skryf meer oor sportuitblinkers. Skryf meer oor Eendekuil se gemeenskap en nie net die skool nie. Plaas foto's in kleur. Bietjie meer inligting oor Piketberg se besighede en die toekoms van die dorp. Hoe vorder Piketberg teen ander dorpe? Plaas meer skindernuus. Dit is nogal opwindend om dinge te hoor van die wat nie "pruim" kan sê nie. Gee meer ondersteu-ning aan plaaslike gebeure en verwikkelinge. Miskien moet Die Piketberger meer oë en ore kry wat waarneem en weergee. Daar moet meer uitgewei word oor die hele
|