Nog Dol Definisies: ETENSTYD: Die enigste tyd wanneer 'n kind nie wil eet nie. KORTPAD: 'n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te sę waar jy is nie. DIEET: 'n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word.
Kerry Victor en Berenice Roux saam
met George en Felicity
Opkomende PHS entrepreneurs wys hul slag
Op Dinsdag 28 Junie was daar 'n karnavalgees by die Hoërskool Piketberg. Dit was die jaarlikse markdag waartydens toekomstige entrepeneurs hul vaardighede kon slyp. Vanjaar was daar 'n merkbare skuif van eetgoed-stalletjies na speletjies. Stalletjies het gewissel van 'n "masseer-salon" tot "paint ball".
Baie dankie aan Boland SPAR wat weer die borg was.
Die uitslag was as volg: Die Sevens club (leier: Johan Smit) het met die 1ste plek weggestap 2de was die Satisfactory Vibe (leier: Jomarie le Roux) Die 3de plek het behoort aan die Photo Phantasy (leier: Jacoline Mouton). Laasgenoemde kan spesiaal vermeld word vir hulle oorspronklike idee om foto's te neem en dit dan met die rekenaar te manipuleer volgens die deelnemer se keuse.