 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Klein advertensies-Smalls
Furniture for sale: Lounge Suite Settee & 3 chairs R2 500; 2 Large Desks @ R300 each; Telephone Table @ R100; Ladies Writing Desk R300; 4 Stoep chairs & table R400; Side Board with back (Oak) R1 500; Side Board (Oak) R2 000; Half Round Table (Stinkwood) R400; Cutlery holder R200, Tea Trolley (Stinkwood) R400; Music Cabinet R300; 2 x 12 Fin Heaters @ R250 ( 022-914 5857
Te Huur: Ruim gemeubileerde selfsorg woonstel ( 022-913 2598 voormiddae tussen 8 en 12
Te Huur: Ongemeubileerde enkel slaapkamerwoonstel met toegeboude stoep R500 per maand Kontak ( 022-913 2101
Drie konyne (klein soort) gratis te kry. Soek tweedehandse kleur TV-stel. ( 022-942 1707
Te Huur: Kantoor- of winkelruimte in Loopstraat. (Die ou DA-kantoor) 77 vk meter. Beskikbaar middel Julie. Kontak È 084 516 7556 of È 084 466 4269
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Choristers Mannekoor sing tot eer van die Heer
Die Piquetberg Choristers Mannekoor is op Vrydag 18 Junie 1999 aan huis van mev Bettie Gordon gestig en sy het sedertdien opgetree as die koorleidster. Aanvanklik was die ledetal 7 wat mettertyd aangegroei het tot 33 met 'n ouderdomsverskil tussen 29 en 75 jaar. Dit is 'n gemeenskapskoor met lede uit verskillende kerke en hulle sing graag tydens eredienste op kwartaallikse roteerbasis in die VGK, AME- en Morawiese kerke tuis en elders. In die vyfjarige bestaan was daar terugslae en teleurstellings wat ons aanvaar het as uitdagings en groeipyne. Dit het ons nie laat onderkry nie. Hierdie jaar het ons affilieer by die Weskaap Mannekoor Unie en beplan om in Oktober 2004 aan die jaarlikse Mannekoorfees in die Bellville se Stadskouburgsaal saam met 12 mannekore deel te neem. Ons funksioneer volgens 'n program tov oefensessies, vergaderings, optredes en uitstappies. Die mans het in Maart 2004 hul eerste ontspanning uitstappie te Victoriabaai, George geniet. Daar heers 'n gesonde atmosfeer tussen die lede en saam met hul leidster word elkeen se teenwoordigheid geniet. Ons vereistes vir lidmaatskap is waardigheid, getrouheid en stiptelikheid en ons leuse "Sing unto the Lord a new song". U is baie welkom om aan te sluit.
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
Roetine met goeie rede…
Die Graad R-klas het uitgevind dat sekere dinge op sekere tye plaasvind elke dag - en met goeie rede. Pajamas is vir die aande… dit werk net nie gedurende die skooldag nie - en boonop gaap almal jou aan!! Maar pajamadag was 'n luilekker dag.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Voor sit die voorsitter Louis Nthane, die koorleier Bettie Gordon en die kassiere Herman van Rooy. Agter staan die onder-voorsitter Herman van Rooy (jnr), bykomende lid Albie Louw en die sekretaris Freddy Lawrence.
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
Matthew Luyt, Juffrou Juanita van der Merwe, Ruan Schreiber, Leon Schreiber, Maria Joubert en Seth Luyt almal in pajamas by die Akademie vir skoolgereedheid.
|
|
|
|
|
|
|