Page 1
[ Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ]

1

Jaargang 11  Nr. 6

Julie 2004

Faks en (022-913 1796

www.piketberg.com

Lees binne

Redaksioneel,  Briewe van ons lesers,
Truitjies vir VIGS-wesies...p.2
Opleiding vir huiswerkers...p.3
Onderhoud met Sandra van Wyk, Pinkster 2004...p.4
Kola Shamley 90, Nuwe intrekkers...p.5
Ons lesers sê hulle sê...p.6
Hoendervlerkies, Trotse ouers, NG Ring Vroue-diensoggend, Eendekuil se karateuitblinker...p.7
Malawi as reisbestemming...p.8
Kankervereniging, Trippe Trappe insameling,
Pep se komberswenner...p.9
Choristers Mannekoor, Roetine met rede...p.10

Junior Tennistoernooi, ACVV boemelaarsdans,
Eendekuil hou fees...p11
Sterre in Piketberg, Opkomende entrpreneurs...p.12

Nuwe sangster uit Eendekuil

Dié pragtige meisie van Eendekuil met die suiwer stem sing al vandat sy vyf jaar oud is.  Sy  onthou hoe die gehoor dikwels gehuil het wanneer sy optree en hoe sy dan self huil-huil haar liedjie klaar gesing het.
As klein dogtertjie, met haar pienk rokkie wat haar ma spesiaal vir haar laat maak het, het sy verskeie optredes gehad.  Meer onlangs was sy 'n finalis in die Telilla kompetisie en in 2003 'n finalis in die Coca Cola Platteland Idol  kompetisie.
Intussen het Sharifa groot geword.  Sy is vanjaar in graad 12 by Steynville Sekondêr. 
'n Vriendin se ma het haar vertel van RSG se kompetisie en Sharifa was een van 100 000 deelnemers.
Dit was 'n groot oomblik toe Frits Klaaste van RSG haar by die skool kontak en al haar vriende agter haar in die sekretaresse se kantoor staan om die goeie nuus te kry.
In die laaste uitdunrondte is die top tien sangers in twee groepe verdeel en luisteraars kon deur "in te bel"  vir hul gunsteling deelnemer stem. Sharifa het in die tweede groep van vyf net voor die wenner uitgeval.  Voorwaar 'n puik prestasie. 
('n foto van Sharifa se ouers verskyn op bladsy 9)

Sharifa Maarman - uitblinker in RSG
se sangkompetisie

Hit Counter


[ Page 1 ] Page 2 ] Page 3 ] Page 4 ] Page 5 ] Page 6 ] Page 7 ] Page 8 ] Page 9 ] Page 10 ] Page 11 ] Page 12 ]